Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Volhard in geloof

Rom.1:17 “Die regverdige sal uit die geloof lewe.”

Geloof het baie te doen met die gehalte van die verhouding wat ons met ons Skepper het. Hoe meer tyd ek aan Hom en Sy Woord bestee, hoe sterker sal my geloof wees. Geloof kom deur die gehoor van die Woord, daarom is dit goed om dit hardop te lees sodat jou ore dit hoor. Ek moet die Woord glo en daagliks gebruik deur daarop te reageer. Geloof is nou; hoop is vir die toekoms.

Geloof is om te weet dat God in beheer is en dat ek Hom maar kan toelaat om my voetstappe te rig.

Dit is goed om daagliks jou hart te ondersoek, want verkeerde motiewe en sonde verswak ons geloof en beroof ons van vrymoedigheid. “ ’n Ander vyand van geloof is wanneer ons twyfel oor God se liefde vir ons. God het alle mense onvoorwaardelik lief en wil juis ons geloof in Hom deur Sy liefde versterk.

’n Goeie manier om jou geloof te versterk is deur lofprysing – om die Here so dikwels as moontlik te prys.

Nog ’n wapen wat jou geloof opbou is vas. Wanneer jy met die regte gesindheid van tyd tot tyd vas, sal jy vind dat dit jou geloof baie versterk.

Dit is goed om te weet dat God ’n Waarmaker van Sy Woord is en ’n Beloner van dié wat Hom soek.

Kom ons aanvaar onvoorwaardelik die Woord van God en reageer in geloof daarop.

Pastoor Gert Visser: Every Nation, Caledon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.