Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Voorkoming in ons hande

“Bly by die huis.”

Dít is die woorde waarmee ons nou daagliks gekonfronteer word.

Ná president Cyril Ramaphosa se staatsrede verlede week het baie verwikkelinge plaasgevind met betrekking tot die Covid-19-pandemie.

Beperkinge is ingestel op skole, reis en selfs byeenkomste van meer as 100 mense, maar intussen gaan daar nóg beperkinge ingestel word waarmee Suid-Afrikaners gaan moet saamleef.

Restaurante, drankwinkels en kuierplekke se vlerke is geknip toe die regering verlede week aangekondig het dat dié wat drank verkoop of bedien dit slegs mag doen tussen 09:00 en 18:00 weeksdae en slegs tussen 09:00 en 13:00 op naweke en openbare vakansiedae.

Die regering het dit duidelik gestel dat dit nie ’n verbod op vryheid is wat ingestel is nie, maar dat dit gedoen word vir die veiligheid van ieder en elk.

Die koronavirus het talle ander lande onder algehele inperkings, maar teen druktyd het president Ramaphosa nog nie die nasie toegespreek oor die moontlikheid van inperkings plaaslik nie.

Teen druktyd was daar 274 gevalle in Suid-Afrika aangemeld waarvan 88 in die Wes-Kaap is.

Talle maatskappy het beleide daargestel waar werknemers eerder tuis moet werk en sosiale distansiëring moet toepas.

Die beperking van alkohol word beskou as een wat sal help om die bymekaarkoms van groot groepe te vermy.

Talle troues en ander byeenkomste is ook uitgestel en afgestel totdat die koronavirus wêreldwyd onder beheer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.