Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrolike kleuters verwelkom die lente

Om lente welkom te heet, het die jongspan van die Koningskinders-kleuterskool in Bredasdorp se Sprinkaantjies en Besige Bytjies met spesiale lentedrag skool toe gekom.

September het ook nie op homself laat wag nie en die sonskyndag het alle verwagtinge oortref.

Klokslag om 09:30 op 2 September het die spannetjie buite toe gegaan om op die gras te gaan baljaar – vier gelukkige maatjies is ook in hul klasse as Mnr. en Mej. Lente aangewys.

In die Sprinkaan-klas was dit die vierjarige Aynico Davids en Leilah Diedericks wat as die klas se Mnr. en Mej. Lente aangewys is.

In die klas van die Besige Bytjies was dit die vyfjarige Lara Jones en Damon Visser wat met die kroon weggestap het.

Al was daar net vier wenners wat na die beoordelaars se mening die lenteboodskap die beste oorgedra het, was al die kleutertjies eintlik maar wenners in eie reg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.