Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue op heterdaad betrap

Dit was goeie spanwerk tussen die verskillende polisiekantore.

Moorreesburg-polisie het 1 September ’n klag van winkeldiefstal van Shoprite in Moorreesburg, ontvang.

Volgens sers. Nicolene Visagie, woordvoerder van Moorreesburg-polisie het die sekerheidswag vier vroue gewaar, waarvan een iets onder haar klere weggesteek het. Voor die sekerheidswag die verdagtes kon nader, het al vier vroue by die winkel uitgehardloop en in ’n voertuig geklim wat in die rigting van Riebeek-Wes gery het.

Een van die verdagtes kon dit nie betyds na die motor maak nie en is in hegtenis geneem.

Moorreesburg-polisie het onmiddellik Riebeek-Wes-polisie met ’n beskrywing van die verdagtes en hul voertuig gekontak waarna hulle die voertuig in die rigting van Wellington gewaar het.

Die verdagtes is kort daarna met die hulp van Paarl se K9-honde-eenheid in die Wellington-omgewing met gesteelde klere in hul besit in hegtenis geneem.

Die verdagtes is onderskeidelik 44, 23, 38 en 29 jaar oud en het gister op klag van diefstal in die Riebeek-Wes-landdroshof verskyn.

Hulle het ook aansoek vir borgtog gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.