Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wat gaan jy vir die mense agterlaat?

Aan die tyd van die jaar is daar lande wat geoes word, eksamens wat geskryf word, jaarafsluitings­geleenthede van kerk tot werk.

Ons begin uitsien na die lang somervakansie en veral die Kerstyd wat voorlê.

Met dít alles kan jy sien hoeveel van dié dinge gaan oor jou – jou verwagtinge vir die eksamenuitslae, jou verwagtinge vir oesopbrengste, jou Kersgeskenk en so kan die lys aangaan. Dit is dan baie goed om net so ’n oomblik te neem en ons plek in God se genade te oordink en weer vir onsself te sê dat Mattheus 5 vir my lewe sin maak: Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Dat Prediker sin maak in my lewe veral Prediker 12:13 wat oor diens en gehoorsaamheid gaan.

Ons kan in dié tyd van die jaar die uitdagings op noem (groot uitdagings) en ons kan in dit die wysheid kry om te sê my getuienis aan my kinders, vriende en familie is ’n getuienis dat God in beheer is. Dat ek op Hom vertrou. Dat ek Hom dien. Dalk in dié tyd van die jaar kan ons neerskryf watter oes die Here in my lewe vind (soos Mattheus 13 van praat).

Wanneer jy begin dink aan jou plek voor God, dan verander jou hande van bakhande wat wil hê na uitgestrekte hande wat kan dien. Jou denke verander van dít wat jy bymekaarmaak na dít wat jy agterlaat. As jy klaar gespeel het by jou maatjie los jy ’n glimlag of ’n seer hart. As jy klaar gepraat het met iemand, wat is die gevoel wat jy by die persoon los. Die woorde van John Allston kan dalk hier gebruik word: “The only thing you take with you when you’re gone is what you leave behind.”

“Watter nalatenskap het Jesus nagelaat?” Die antwoord is duidelik: elf dissipels. Jesus het volgens ons standaarde nie veel nagelaat nie – geen geboue of monumente of pro­gram­me of boeke nie. Al wat Hy nage­laat het, was ’n groepie wat in sy onderrig geglo het – genoeg geglo het dat hulle bereid was om daarvoor vir Hom te sterf.

Ons kan die Kerstyd dink aan wat ons agterlaat in mense se lewens, tot seën.Groete, Dewald (NGK Caledon)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.