Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
WDM vier 100ste hoofraadsvergadering met suksesse

Die Weskus-distriksmunisipaliteit het onlangs sy 100ste hoofraadsvergadering gehou en dit gevier met ’n terugblik op sy suksesse die afgelope dekade.

WDM, voorheen bekend as die Afdelingsraad, het sy ontstaan reeds in 1976 gehad toe die Weskus uit die Van Rhynsdorp-, Clanwilliam-, Piketberg- en Malmesbury-afdelingsrade bestaan het. Hierdie rade het in 1989 saamgesmelt om die Weskus-streeksdiensteraad (SDR) te vorm wat vandag as Weskus-distriksmunisipaliteit bekend staan.

Die WDM is een van die voorste distriksmunisipaliteite in die land met betrekking tot goeie administrasie en het onlangs sy agtste skoon oudit van die ouditeur-generaal ontvang. Die uitvoerende burgemeester, Harold Cleophas, is sedert 2011 aan die stuur van die munisipaliteit. Die kantoor van die burgemeester se fokus is om die sosiale norm en waardes, wat mettertyd in gemeenskappe verlore geraak het, te herstel. Bejaardes, jeugdiges en kleuters vind baat by verskeie uitreik- en opvoedkundige projekte van die munisipaliteit. Dit is veral die Goue Spele vir bejaardes, die jaarlikse verering van die beste graad 12-leerders in die streek en ’n uitruilprojek tussen die WDM en Duitsland wat as vlagskip-projekte van die munisipaliteit beskou word.

Die WDM se ander hoogtepunte sluit in werkskepping vir plaaslike individue deur die uitgebreide openbare werke-program (EPWP), benoeming as mees verbeterde distriksmunisipaliteit vir luggehalte (2015/’16) en bloudruppel-status vir watergehalte (2010, 2011 en 2012).

Die burgemeester het die personeel en raad in die 100ste hoofraadsvergadering bedank vir hul samewerking en oorgawe waarmee hulle die gemeenskappe van die Weskus dien.

“Dit is vir my ’n groot eer en voorreg om aan die stuur van so ’n suksesvolle munisipaliteit te wees waar ons almal saamwerk tot vooruitgang van die weskusgemeenskap,” het die burgemeester gesê. Hy het die uitvoerende bestuur, onder leiding van die munisipale bestuurder, David Joubert, bedank vir hul administratiewe leiding en ondersteuning.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.