Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weer beïnvloed koringoes

Die koringoes van 2019 was vir talle boere in die Swartland “ondergemiddeld”.

Daarby het die onverwagse September-reënval en laer koringpryse bygedra tot ’n minder gewenste uitslag.

Swartland Gazette het met ’n paar boere gesels oor hoe hulle die oesseisoen ervaar het.

Meeste boere is dit eens dat die oes nie so goed was soos vorige jare nie, maar dat dit wel bo verwagting was, berig Doniella Brandt.

Volgens Gert Klaasen van die plaas Windmeul was sommige oeste gemiddeld en ander ondergemiddeld.

Verskeie boere meen die onvoorspelbare weer het ’n groot faktor met hierdie oes gespeel.

Die onreëlmatige weer, met die min reën einde Augustus en baie reën en warm somersdae in September, het die oeste beïnvloed.

Ester Serdyn van Porselein­berg, verduidelik ook dat die koringprys swakker was as verlede jaar en dat dit “dinge” bietjie moeiliker maak.

Volgens Pieter Truter van die plaas De La Fontaine (handelsnaam Delico) het hy twee jaar gelede sy koring­boerdery gestaak omdat die insetkoste te groot was en daar op ’n baie groot skaal met koring geboer moet word om ’n wins te verseker, berig Samuel Walters.

Nelius van Santen, wat in Drakenstein asook Swartland met koring boer, sê hy kan nie kla oor die oes nie. Op sy plase lyk die koring goed.

Nico Laubscher van die plaas Vrygunt naby Riebeek-Kasteel deel dié sentiment. Hulle is ook klaar geoes en sê die koring lyk goed.

Volgens Graan SA is die koringoes oor die algemeen swakker in die Wes-Kaap en landwyd in vergelyking met verlede jaar.

Ten spyte daarvan dat die gradering nie so goed was soos waarvoor boere gehoop het nie, sê hulle gaan hulle voort met die tegnieke wat hulle tot dusver geïmplementeer het. “Praktyk bly omdat elkeen reeds ’n formule en manier het van dinge doen wat vir hulle werk. Ons gaan maar net volgende jaar meer oordeelkun­dig moet wees ten opsigte van die weersveranderinge,” sê Klaasen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.