Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wees in beheer oor dit wat jy voel en sien

Meditasie Nasie, is gebore uit ’n intense hartsbegeerte om vir ons mooi nasie ’n bietjie verligting te verskaf en ’n kort wegraping van die harwar van die lewe.”

Liza Botha, ’n inwoner van Botrivier, vertel dat sy Suid-Afrikaners ’n paar oomblikke van stilte en verplasing na ’n ewigheidswêreld van vrede en dankbaarheid vir enige klein dingetjie wil gee, “net ’n paar oomblikke van herkalibrasie.”

Liza meen ’n gesonde gemoeds­toestand bemagtig ons om die lewe met meer kalmte, geduld, dieper insig, begrip en wysheid aan te vat en selfs om gelukkig te wees onder moeilike omstandighede.

“Diep rustige asemhaling is fisiolo­gies die gesondste en maklikste ding om te doen. Elke sel in jou liggaam kry meer suurstof en funksioneer beter en dit verbeter onmiddellik jou breinfunksie,” verduidelik sy.

Liza vertel voorts jou brein skei hormone af met elke emosie wat jy beleef. “Elke WhatsApp- en Facebook-video, elke koerantberig of televisie-ervaring, gesprek en gedagte wek ’n gevoel. Konstante negatiewe gedagtes en gevoelens van hulpelose oorweldiging veroorsaak ’n stroom veg- of weghardloophormone soos adrenalien wat kan lei tot enorme ongemak, bloeddrukprobleme, siek selle, swak voedselvertering, depressie en angstigheid.”

Sy verduidelik die gevoel van dankbaarheid, skei hormone in jou brein af wat lei tot ’n positiwiteit waar helder denke, geluk, gesondheid, vrolikheid, kreatiwiteit, welsyn en ’n gesonde gemoedstoestand kan groei en floreer.

“Breinfunksie en hormone is intens en kompleks, maar ons kán ons emosies bestuur met fokus op asemhaling en gedagteverskuiwing. In ’n oorvereenvoudigde neutedop: Hormone wat jou gesond kan maak en laat goed voel, is dopamien, oksitosien, serotonien en endorfiene. Hormone wat jou siek kan maak en laat sleg voel, is aanhoudende oordosisse van adrenalien en kortisol.”

Botha het ten doel om mense daagliks daaraan te herinner dat hul die vermoë het om hulself na ’n rustige ruimte te verplaas waar wêreldgebeure, wat in elk geval buite hul beheer is en hul dikwels magteloos laat voel, in ’n ander perspektief te plaas. “Dit gee ons brein, hart en hele liggaam die geleentheid om op energie te fokus en ook op ons eie gesondheid op ’n sellulêre en sielsvlak.”

“Volhou die gevoel van dankbaarheid vir ’n paar minute en jy sal gou besef dit lig jou gedagtes en gevoelens op na alles wat op jou doodsbed belangrik sal lyk.”

Botha sê geen politikus, virus of situasie sal in jou belangrikste oomblikke op aarde, ’n sekonde se tyd verdien nie. “Jy sal outomaties fokus op al die liefde, genade, omgee en al die goeie dinge, mense en ervarings in jou lewe.”

Sy nooi almal om Meditasie Nasie te volg op YouTube waar sy weekliks ’n paar minute se begeleide “wegraping” aanbied.

“Kom ons wees die kaptein van ons eie ‘gedagteskepe’.”

. Luister gerus na Botha op YouTube op https://meditasienasie.co.za of besoek die Facebook-blad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.