Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weldoeners nodig om mense in die omgewing hoop te gee

“Ons wil vir mense wat ’n behoefte het aan ’n warm maaltyd iets gee sonder om vrae te vra en te oordeel.”

Só sê Olin Kiewietz, besturende direkteur by Change Agents SA, oor die organisasie se Winter Hoop-projek.

Dié projek wat in sy tweede jaar is, word in Julie gehou. “In 2017 het ons hierdie projek vir een week in Julie gehou, maar die behoefte is te groot gedurende hierdie tyd van die jaar daarom het ons dit goed gedink om dit vanjaar die hele Juliemaand te doen,” voeg Kiewietz by.

Hy sê dit is gedurende die afseisoen wanneer seisoenwerkers nie werk nie en mense en meer spesifiek die kinders die swaarste kry. “Dis skoolvakansie en waar die kinders gewoonlik iets te ete by die skole sou gekry het moet hulle nou sonder kos, soms deur ’n dag, gaan.”

“Die projek is 100% van skenkings van weldoeners afhanklik. Mense gee dit wat hulle kan bekostig, skep ’n ekstra bord kos, maak ’n pot sop of ’n pot kos en ons versprei dit waar die behoefte is. Maak nie saak wat gegee word nie almal dra by,” voeg hy by.

“Die projek het reeds in Montagu afgeskop, want die meeste van die weldoeners/donateurs het uit Montagu gekom. Maar ons wil graag in die hele Langeberg hierdie diens in Julie lewer.”

Enigeen wat in ’n posisie is om ’n bydrae te lewer en oortuig in hul hart voel, kan Olin Kiewietz bel by 061 531 3870 of 082 518 0261 of ’n e-pos stuur na olinkiewietz@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.