Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wenke om beurtkrag te oorleef

Met Eskom se beurtkrag wat weer vanjaar sy kop uitgesteek het, is hier ’n paar voorsorg­maatreëls geïdentifiseer wat jou in die donkerte kan help.

Ná die feestyd het Suid-Afrikaners gehoop dat beurtkrag een van die euwels sal wees wat in 2019 sou agterbly.

Die opskorting van elektrisi­teit gooi huishoudings omver, gee sakeondernemings ’n groot finansiële knou en in buurte, waar misdaad seëvier, is inwoners selfs meer kwesbaar wanneer alles stikdonker is.

Maar die ongerief kan moontlik nog lank voortduur.

Hier is dus ’n paar nuttige wenke om die ongemak in die geval van beurtkrag te verminder:. Plaas die beurtkrag-skedule op die yskas sodat jou gesin voorbereid kan wees daarvoor.. Bêre kerse en flitse op ’n sentrale plek waar jy dit maklik in die donker kan kry.. Maak seker dat jou skoot­rekenaar, selfoon of tablet volledig gelaai is sodat jy dit steeds kan gebruik.. Indien jy meestal van die motorhuis gebruik maak om ingang by jou huis te kry, sal dit handig wees om jou huis se sleutels ook byderhand te hou ingeval die motorhuis nie wil oopmaak nie. . Beperk die tye wat jy jou yskas oop- en toemaak sodat jou kos koud of gevries kan bly. . Sorg dat jou voertuig altyd brandstof in die tenk het aangesien vulstasies nie brandstof met kragonder­brekings kan pomp nie.. Maak seker dat jy genoeg kontant byderhand het aangesien kitsbanke nie sonder elektrisiteit kan werk nie.. Sorg dat die meeste van jou elektriese toestelle se proppe by die muur uitgeskakel is. Andersins kan jy stroom­beskermers aanskaf – dit verminder die risiko dat beurtkrag kosbare toerusting beskadig. . Kook water en hou dit in ’n fles vir warm drankies wanneer die krag afgeskakel is.. As daar kragonderbrekings is, is dit ’n goeie geleentheid om saam met vriende en familie tyd deur te bring en aan buitelugaktiwiteite deel te neem.

Bronne: westerncape.gov.za, thegadgetshop.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.