Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wenke vir Valentyn

Vir Valentynsdag moet ’n mens eerder dink “liefde, tyd en pret” as “geld en skuld”. Hier is oulike randrekkers:. Kook ’n spesiale ete eerder as om uit te gaan. Kry ’n tema soos “kos van die wêreld” of maak al jou geliefde se gunste­linggeregte in klein peuselhappies. Jy kan ook ’n buffet van poedings maak, eerder as kos. . Hou ’n skattejag met leidrade wat oor jul herinneringe en verhouding gaan.. Bring saam tyd deur in die natuur. Gaan vir ’n stappie of ry fiets. Vat ’n piekniekmandjie en geniet die tyd saam.. Skryf ’n liefdesbrief (met jou hand) en pos dit vir jou geliefde. Maak net seker jy doen dit betyds.. As die weer nie saamspeel nie, hou ’n romantiese piekniek binne met komberse en kerse.. Onthou jy jou hoërskooldae en die wonder van ’n kasset met jou gunsteling­liedjies op. Maak ’n CD met liefdesliedjies as ’n geskenk, dis verniet!. Hou ’n spa-aand en bederf jou geliefde met ’n massering, manikuur en ’n gesigmasker. . Sit styf langs mekaar en geniet ’n pizza en kyk na jul gunstelingtelevisiereeks.

’n Mens is nooit te jonk om te leer van die liefde nie. Maak seker jou kind verstaan van jongs af jy kan nie liefde koop nie.. Pak tuisgemaakte koekies of bederfies in hartvorm in hul kosblikke.. ’n Week voor Valentynsdag plak elke dag een nota op hul kamerdeur of in die kosblik wat sê waarom hulle vir jou spesiaal is. . Speel oulike liefdesspeletjies. Speel “pin the arrow on the heart”; hartjie-wegkrui­pertjie (steek ’n hartjie weg) of hou ’n liefde-skattejag.. Kook hul gunstelingmaaltyd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.