Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wilton wil nou ander help

’n Jongman van Robertson wil graag een van die dae ’n spesiale vertoning hou om geld vir diegene in te samel wat nie klere en kos het nie.

Hy wil dít doen deur sy sangtalent in te span, maar vra die gemeenskap om hom te ondersteun.

Gebore op ’n plaas net buite Robertson, het Wilton Franse (18) as die jongste seun saam met sy ouers, sy drie susters en drie broers gewoon. Sy ouers is geskei toe Wilton nog jonk was en hy moes saam met sy ma en al sy sibbe na Prins Albert verhuis. Hiér het sy gesinslewe ontspoor.

“My ma was ’n alkoholis en my pa het nie veel in ons belanggestel nie. Dit het baie swaar gegaan en haar drankprobleem het handuit geruk. My suster, wat toe sewe jaar oud was, het pille gedrink en is toe oorlede. Enkele maande later het my ma my jongste suster doodgelê – sy het dit swaar gevat en maande daarna is my ma aan ’n hartaanval oorlede,” vertel Wilton.

Wilton en sy broers en susters is na dié tragiese gebeure sak en pak terug na Robertson. Hy het egter die skok van sy lewe gekry toe hy uitvind sy pa is in ’n rolstoel en weke daarna is hy ook oorlede. Tot vandag toe is die gebeure rakende sy pa se dood nog onduidelik.

“Ons is dadelik in die Herberg-kinderhuis geplaas en dáár het ek vir die meeste van my grootwordjare gebly. Ek is op 14 in die koshuis in Worcester geplaas en het einde 2019 my skoolloopbaan by die Nuwe Hoop-sentrum voltooi,” vertel Wilton.

Sy droom is om eendag ’n musikant te word en hy sal graag in ’n sepie of televisieprogram wil verskyn. Ná Gazette verlede jaar ’n berig oor die jongman geskryf het, het hy ook die geleentheid gekry om saam met een van sy helde, die Maak My Famous-wenner van Worcester, Cheswyn Ruiters, op te tree.

“Ek het nie my lewe gekies of wat met my gebeur het nie – ek soek net ’n geleentheid om myself te bewys. Ek wil graag teruggee aan ander wat nie het wat ek gehad het nie – al was ek in die kinderhuis.”

Wilton wil ’n aand hou genaamd: “Praise and Worship moments with Wilton Franse” en sodoende geld vir ander insamel.

Enigiemand wat Wilton kan en wil bystaan, is welkom om hom te bel by 064 703 5197

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.