Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wingerdblokke ryg pryse in

Met parstyd in volle gang in die meeste Suid-Afrikaanse wingerde, het Winetech en Vinpro onlangs die beste wingerdblokke in vyf streke aangewys.

Die Vinpro Winetech-wingerdblok­kompetisie word jaarliks in Januarie in die onderskeie streke aangebied om optimale wingerdpraktyke te identifiseer, evalueer en met die bedryf te deel.

’n Onafhanklike paneel wingerdboukundiges en grondkundiges ontleed die inskrywings.

“Die kriteria vir evaluasie van die wingerdblokke sluit wortelverspreiding, snoeipraktyke, tip-aksies, asook lootuitdunning en -posisionering in,” sê Conrad Schutte, assistentbestuurder van Vinpro se wingerdboukundige konsultasiediens.

“Ons kyk ook na die doeltreffende toediening van bemesting en besproeiingskedulering om ’n gesonde wingerd te verseker wat goeie gehalte druiwe vir die spesifieke wyndoelwit gaan oplewer.”

Die feit dat elke streek ’n ander kultivar as wenblok het, is sprekend van die hoë standaard wat produsente van oor die kultivarspektrum handhaaf.

“Dis belangrik om erkenning te gee aan individue wat al die veranderlikes rakende wyndruifverbouing goed bestuur – van die terroir en gepaste kultivarkeuse, tot die toepassing van die regte praktyke op die regte tyd, asook aanpassing by veranderlike seisoens­toestande, kostes en wyndoelwit,” sê Lucinda Heyns, wingerdboukundige tegnologie-oordragkoördineer by Winetech.

“Hierdie produsente dra by tot die gehalte van die eindproduk en daardeur ook tot die beeld van Suid-Afrikaanse wyne,” sê sy.

Na afloop van die evaluering is boeredae in die onderskeie streke gehou, waar beste praktyke bespreek is, en wyndruifprodusente en paneellede die wenblokke saam kon besigtig en bespreek.

“Produsente staar dieselfde uitdagings in die gesig. By hierdie boeredae kan hulle baie by mekaar leer en hulself beter toerus om hul wingerde op die hoogste standaard te bestuur,” sluit Schutte af.

. Besoek www.vinpro.co.za vir meer besonderhede oor elkeen van die streekswenners.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.