Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Winkel in ligte laaie

“Ek dank God dat die vuur nie agtertoe gekom het nie.”

Só vertel Mogomat Zane Cupido wie se sakeperseel in Cathcartstraat in Caledon Dinsdagmiddag gedeeltelik afgebrand het.

Zane’s is ’n tweedehandse boumateriaal en meubelwinkel.

“Ek het so ná 17:00 die deur van die winkel gesluit. Ek sit altyd alles af en loop dan agterom, want my huis is in die straat hier agter.”

Toe hy ’n uur later in kennis gestel word van die brand en die deur van die winkel probeer oopsluit, het die sleutel in die slot afge­breek omdat dit te warm was.

“Die brandweer, polisie en almal was al hier, maar ek kon nie ingaan nie, want daar was te veel rook.”

Zane weet glad nie hoe die brand ontstaan het wat ’n groot gedeelte van sy sakeon­der­neming in puin gelê het nie.

Hy wil Lomien en Niël Burger van LRV-sekuriteit bedank vir die wag wat hulle tot sy beskikking gestel het.

“Ek het hulle gebel om te vra wat dit my gaan kos om ’n wag hier te sit. Toe sê mevrou Burger hulle wil niks hê nie, want hulle sien waardeur ek gaan.”

Hy is al sedert 1992 in Caledon toe die winkel oopgemaak is.

Cupido het nog geen idee wat die omvang van die skade is nie. “Ek is ook nie verseker nie. Ek sal maar weer van voor af begin.” Hy vra dat almal in Caledon hom in hul gebede hou.

Gerrit Haggard, senior brandweerman in Caledon het by navraag bevestig dat hulle 3 Oktober omstreeks 18:40 die oproep ontvang het van die beheerkamer. “Toe ons daar stop, was die winkel reeds aan die brand en het ons volgens protokol die vuur geblus.”

. Volgens Haggard is die oorsaak van die brand onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.