Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
WKOD bekyk baklei-video

’n Video waarin twee seuns by ’n Swartland-skool in ’n bakleiery betrokke is, doen die afgelope twee weke die ronde op sosiale media.

Na aanleiding van die voorval wat op 20 Julie by die skool, St. Michaels Primêr in Abbotsdale, Malmesbury, plaasgevind het, het Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), gesê die WKOD ondersoek tans die voorval.

In die video kan gesien word hoe die twee seuns onder ’n tafel met mekaar stoei. Die een seun klem die ander een onder sy arm.

Die twee kom dan orent en die een begin hardop huil en die ander laat hom dan gaan.

Die volgende oomblik gee die seun wat gehuil het ’n hou in die ander se rigting en dan spring die twee weer aanmekaar.

Dit is tans onbekend wie die video opgeneem het, maar Shelver sê dit is nie duidelik of ’n onderwyser ten tyde van die voorval die video opgeneem het of in die klaskamer was nie. Sy sê wel dat dit ook deel sal vorm van die ondersoek en dat tugstappe gedoen sal word.

“Geweld tussen leerlinge is kommerwekkend. Daar is baie redes daarvoor, maar sulke geweld kan nie in ons skole geduld word nie.

“Skole verseker dat leerlinge getugtig word ingevolge die skool se gedragskode. Hulle kan ook by die departementshoof aanbeveel dat die leerlinge geskors word,” het Shelver gesê.

Sy het bygevoeg dat die WKOD nie die verfilming van geweld of boeliegedrag aanmoedig nie en ook nie die verspreiding daarvan op sosiale media of elders nie.

“Ons gaan ’n veldtog begin om leerlinge aan te moedig om hul stem te laat hoor eerder as om hul selfone te gebruik. Ons sal ook leiding aan ouers gee oor wat om te doen wanneer op leerlinge gepik word of as hulle getart word. Geweld kan in baie gevalle vermy word.”

Die optrede van die onderwyser is na die direktoraat vir arbeidsverhoudinge verwys.

Leerlinge kan ook die skole se hulplyn vir beradingsadvies of -bystand by 0800 454 647 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.