Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
WKOD sê oor busstaking

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sê dit spyt hom dat leerders moes ly weens klein busopera­teurs se ongelukkigheid oor vervoer­kontrakte.

Gazette het verlede week berig oor die Suid-Afrikaanse raad vir klein busoperateurs (SANSBOC) se staking van busdienste weens ’n geskil met die departement oor die terme van die vervoerkontrakte (“Skoolleerders ly onder dispuut”, 6 Oktober 2020).

Die unie se Wes-Kaapse voorsitter, Guan Swanepoel, het vroeër gesê hulle het ’n aantal klagtes in hul griefskrif gelys, maar dat die grootste een handel oor die niebetaling gedurende die streng inperking toe skole gesluit was.

Hy het ook gesê sedert die skole weer heropen het, word busoperateurs ook net betaal vir die aantal leerders wat hulle vervoer – wat tans ’n derde is van die aantal leerders wat hulle normaal­weg vervoer omdat meeste skole alter­na­­tiewe skooldae vir hul leerders inge­stel het.

Volgens Unathi Booi, ’n woordvoerder van die WKOD, is hulle eers laat op 30 September oor die sta­king ingelig. “Ons moes skarrel om alterna­tiewe vervoerreëlings vir leerders te tref – veral ons matrieks wat rekordeksamen skryf. In sommige gevalle moes leerders op ander plekke skryf, of eksamen is op 1 Oktober gekanselleer. Skole het alternatiewe vervoerreëlings vir die graad 12’s getref. Dit is jammer dat die leerders moes ly oor die unie se eise vir verander­de voorwaar­des vir vervoer­kontrakte,” het Booi gesê.

Volgens Booi het die departement eers op 29 September van die klagtes te hore gekom en kon hulle nie teen die busoperateurs se spertyd van 30 Septem­ber terugvoering gee nie. “Ander ver­voer­ondernemings het voortgegaan met hul verpligtinge en die WKOD is in gesprek met die busoperateurs om die saak so spoedig moontlik op te los.”

Gazette verneem die busse loop weer van Donderdag (8 Oktober) af normaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.