Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Word rustig

Gaan sit ’n slag stil en vra vir jouself die vraag: “Wat jaag my?” Die meeste van ons eindig die dag met ’n moeë en uitgeputte liggaam. In Prediker 2 beskryf Salomo ’n magdom dinge wat hy tot stand gebring het en dan sluit hy af met die woorde: “Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind.” Die mens is vasgevang in ’n oorlewingstryd en die een wat die vinnigste dink, die vinnigste handel en ander kan aanjaag om sy doel te bereik, is gewoonlik die een wat wen.

Soms is dit nodig dat ons sekere dinge eenvoudig net los en rustig raak sodat ons gemoed en ons liggame net weer in lyn kom. Die Here nooi ons in Matt.11:28 “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”

Die enigste manier om hierdie druk te verwerk, is om jou vertroue ten volle in Vader God te sit en in Sy rus in te kom, sodat Hy jou kan verkwik in hierdie tye van gejaagdheid. Ons moenie toelaat dat vrees ons oorheers nie, want vrees laat altyd die probleem groter lyk as wat dit werklik is. Jesus het gewaarsku dat sommige mense sal beswyk in hierdie dae waarin ons leef omdat die druk vir sommige te veel gaan word. Ons enigste hoop is Jesus Christus. Pille en kalmeermiddels is ’n tydelike oplossing, maar op die ou end is dit net die krag van God wat ons kan deurdra.

Mag jy ’n rustige week hê.

Seënwense.

Pst. Gert Visser, Every Nation Caledon

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.