Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wynbedryf sien hoop, lig

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf, veral diegene in die Worcester- en Robertson-omgewing, is verlig en verwelkom die regering se besluit om beperkings op die verkoopsure van die verkoop van wyn, asook internasionale reise met onmiddellike effek op te hef.

President Ramaphosa het in sy nasionale toespraak op 11 November die ramptoestand tot 15 Desember verleng. Die land is steeds op vlak 1 met verdere verligting op sekere beperkings.

Dit beteken dat die verkoop en ver­sprei­­ding van alkohol vir buiteverbruik terugkeer na normale handelsure, wat Saterdae en Sondae insluit. Verbruik op persele is steeds beperk met die aandklok­reël tussen 24:00 en 04:00.

“Ons verwelkom die feit dat verkope vir binne- en buiteverbruik nou toegelaat word,” sê Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro. “Wynverkope by kelderdeure maak ’n groot deel uit van die 533 kelders se inkomste en die hervatting van normale handel is nou noodsaaklik. Die voortbestaan van die wynbedryf is nie net noodsaaklik vir ekonomiese herstel nie, onder meer die 290 000 werksgeleenthede, maar ook vir die kulturele erfenis wat dit vir Suid-Afrika inhou.

Met die wyntoerisme-seisoen wat binnekort gaan piek en soveel wynkelders wat afhanklik is van inkomste wat deur plaaslike en internasionale besoekers gegenereer word, is Vinpro ook dankbaar vir die regering se besluit om interna­sionale reisbeperkings op te hef.

“Hierdie twee positiewe uitkomste was die resultaat van voortdurende konstruktiewe dialoog tussen die bedryf, die regering en die gemeenskap, sowel as die betrokkenheid van die bedryf by ’n sosiale ooreenkoms met hierdie vennote om doelgerigte intervensies daar te stel om verantwoordelike verbruik te bevorder en die skadelike gevolge van alkoholmisbruik oor ons land te beperk.”

Die opheffing van verkoops- en reisbeperkings is ’n belangrike volgende stap in die herbou van Suid-Afrikaanse wynondernemings en toerisme­bestemmings om weer eens ’n waardevolle bydrae te kan lewer tot die herlewing van die land se ekonomie.

“Hoewel ons bly is oor die nuutste verwikkelinge, is ons steeds pynlik daarvan bewus dat ons bedryf enorme finansiële verliese gely het – meer as R7 miljard in direkte verliese – en dat heelwat sakeondernemings gevolglik hul deure moes sluit en/of werksgeleenthede verlore gegaan het. Die pad na herstel gaan nog lank wees, en daarom werk ons steeds aktief aan verskeie rampherstel­programme om die bedryf te help herbou.

“Met handelsure wat nou terug is na normaal doen ons ’n ernstige beroep op elke individu en onderneming in ons bedryf om nie nou enige veiligheidsreëls te verslap nie. Dit is óns verantwoordelik­heid om ons mense veilig en gesond te hou én die ekonomie aan die gang te hou deur alle veiligheidsprotokolle na te kom. Kom ons bevorder veilige en verantwoor­delike produksie, handel, bemarking en verbruik saam,” sê Rico.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.