Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Chennai wen T20 weer

Die Robertsonse vlakkiekrieketspan, Chennai Superkids, het onlangs koning gekraai toe hy Mumbai India met 42 lopies afgeransel het in die finale ronde van die T20-krieketkompetisie.
India het die loot gewen en Chennai ingestuur om eerste te kolf. Chennai se openingskolwers, Leighton Swarts en Bren Joseph, het vasgestaan voor die penne met ’n stewige vennootskap van 45 lopies.
Brandon Erasmus en Ferisco Adams het met hul puik bydrae gesorg dat Chennai uiteindelik met ’n uitstekende 119/7 kon spog in die 20 toegelate boulbeurte.
Mumbai India het vasgebrand in dié kragmeting en kon slegs ’n skamele 78 lopies aanteken voor al sy spelers uitgeknikker is, dít na Chennai hom in ’n stadium met 27/7 aan die kort hare beetgehad het.
Dit is slegs danksy twee van Mumbai se kolwers se verbete vasbytpoging wat tot ’n 35-lopievenootskap gelei het dat Mumbai nie met ’n telling van 40 lopies vermorsel is nie.
Vir Chennai het Brendon Erasmus (3/10), Leighton Swarts (4/9) en Boy Adams (2/3) uitgeblink met die bal. Dit is die tweede agtereenvolgende seisoen dat Chennai as wenner uit die T20-stryd tree. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.