Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Niks keer vir Chloe nie
MALMESBURY - Chloe Lottering, ’n gr. 5 -leerder by Swartland Laerskool, is die Swartland Gazette en Supersport se Let’s Play-wenner vir Junie.

Chloe was verlede jaar die algehele Let’s Play-wenner vir die Swartlandstreek en het tydens die eerste helfte van 2016 wéér uitmuntend presteer.

“Prestasies ten spyte van oormoeg knieë,” vertel Josephine, haar ma. Chloe is volgens inligting deur onderskeidelik twee fisioterapeute en haar huisdokter aangeraai om vanjaar ’n blaaskans te vat van haar spartaanse oefenprogram of dan ten minste af te skaal.

Chloe het besluit om af te skaal, maar aanhou presteer. Tot dusver is sy onoorwonne in die 1 200 m. Sy is by die Boland atletiekkampioenskap as die Boland 1 200 m-kampioen gekroon en by die Wes-Boland-byeenkoms het sy die vyfde plek behaal.

Chloe blink ook uit in tweekamp en het by die interprovinsiale tweekamp-byeenkoms in Oudtshoorn met die silwermedalje huis toe gegaan.

Tydens die Boland tweekamp-kompetisie is sy as die Boland Tweekampkampioen gekroon en het Paasnaweek in Bloemfontein aan die SA Tweekampkampioenskap deelgeneem. Chloe behaal die sesde plek uit 66 atlete.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.