Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rugby-toernooi reusesukses
Hoërskool Bredasdorp (HSB) het weereens vanjaar, vanaf Woensdag 13 Julie tot Vrydag 15 Julie, die HSB Kentucky Fried Chicken o.15- en o.16- rugbytoernooi plaaslik aangebied.

Deelnemende skole was Hoërskole Bredasdorp, De Kuilen, Hermanus, Vredenburg, Melkbosstrand en Albert Myburgh Senior Sekondêr. 

Hierdie gewilde toernooi het op 13 Julie by die Glaskasteel onder spreiligte afgeskop. Aanskoulike hardloop-rugby was aan die orde van die dag.

In die o.15-afdeling wen Hermanus vir Vredenburg 24-0 en HSB troef vir Melkbosstrand met ’n weghol-oorwinning van 53-0. Hoërskool De Kuilen se o.16-span klop vir AMSS 21-12. Hermanus o.16 wen teen Vredenburg 21-3 en HSB o.16 klop Melkbosstrand 27-3.

Die uitslae was as volg:

o.15: Hermanus wen Melkbosstrand 32-0

HSB klop Vredenburg met ’n weghol- oorwinning van 84-0

o.16:AMSS wen Melkbosstrand 52-6

Hermanus wen De Kuilen 10-6

HSB wen Vredenburg 25-5

Spesiale toekennings:

Beste o.15-span: Hoërskool Bredasdorp 

Beste o.16-span: Hoërskool Hermanus 

Beste o.15-agterspeler: Tristan Faroa (HSB) 

Beste o.15-voorspeler: Dylan Maree (Hermanus) 

Beste o.16-agterspeler: Apilele Madaka (Hermanus) 

Beste o.16-voorspeler: Thinus van Zyl (Bredasdorp) 

’n Besondere woord van dank aan die organiseerders, William Matthys, Christopher van Niekerk, Willie Stoman en Marius van der Vyver, asook die hoofdonateur KFC en Helani Prins (vir haar harde werk), en elke ouer en instansie wat ’n bydrae gelewer het om ’n toernooi van hierdie kaliber ’n reuse- sukses te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.