Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Camphill Village musiekfees om die draai
HemelBesem

Musiekliefhebbers kan vir die tweede agtereenvolgende jaar die Camphill Village musiekfees bywoon. Om alles te kroon is dit vir ’n goeie doel met hekgelde wat Camphill Village-inwoners se lewens beter sal maak. Wat die fees selfs nóg lekkerder maak, is dat die hele gesin dit kan bywoon.

Camphill Village is ’n plaas naby Atlantis/Malmesbury waar ongeveer 90 verstandelik gestremde mense woon en werk. Verlede jaar was Camphill Village 50 jaar oud en is ’n musiekfees met kunstenaars soos Valiant Swart en Freshly Ground gehou om geld in te samel. Die fees was ’n groot sukses en dus het die organiseerders besluit om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Die fees word Saterdag 31 Oktober gehou en kunstenaars soos Beatenberg, Just Jinger, Ottoman Slap, Bootleggers, Swallowers of Time en HemelBesem sal optree. Die partytjie skop om 13:00 af en eindig 19:00. Kaartjies is R200 en beskikbaar by www.webtickets.co.za. Toegang vir kinders onder 4 jaar is gratis en kinders onder 13 betaal R100.

Wen met die Gazette: Een gelukkige leser kan ’n dubbelkaartjie na die fees wen.

Hoe oud was Camphill Village verlede jaar? SMS die antwoord na 37173 (koste van SMS is R1,50). Die kompetisie sluit 20 Oktober en die wenner sal 21 Oktober telefonies in kennis gestel word

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.