Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boland-gazette
Agri Wes-Kaap wys nuwe ampsdraers aan
Liam Viljoen


Agri Wes-Kaap het vandag (15 Oktober) sy nuwe ampsdraers aangewys tydens die 2020 Jaarkongres wat aanlyn aangebied is.

Tydens die kongres is Villiers Loubser, 'n graanprodusent by Durbanville, as nuwe president van Agri Wes-Kaap verkies. Hy volg Cornie Swart op, wat sedert 2011 as president gedien het. Hy volg ook in die voetspore van sy pa en oupa, wat ook as presidente van Agri Wes-Kaap gedien het.

Heinie du Toit is as nuwe vise-president verkies. Hy is 'n vrugteprodusent by Ceres in die Koue Bokkeveld en het sedert 2015 as Agri Wes-Kaap se bestuurslid vir die Witzenberg-streek gedien. Hy volg Hugo de Waal op.

Tydens die kongres is Liam Viljoen, 'n graan- en wynprodusent van Malmesbury en Laubscher Coetzee, volstruisprodusent van Oudtshoorn, tot onderskeidelik voorsitter en onder-voorsitter van Agri Wes-Kaap se Algemene Sakekamer verkies.

Cornie Swart, uittredende president, het gesê hy is opgewonde om die leisels aan 'n relatiewe jong span oor te gee. “Julle neem 'n sterk en vooruitstrewende organisasie oor en ek is trots en gerus oor die hande wat nou die leisels gaan vashou. Ek weet julle verstaan die hart van die landbou en ek wens julle alle voorspoed toe," het Swart gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.