Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boland-gazette
Hoërskoolleer-ders maak amok

Die Riebeek-Wes-polisie moes Vrydag (7 Februarie) bontstaan toe leerders van twee Malmesbury-skole mekaar leed wou aandoen.

Volgens 'n polisiewoordvoerder het die leerders omstreeks 06:30 by 'n busstop in die dorp gestaan en mekaar begin "met messe en stokke aanval en rondjaag".

Die betrokke leerders is na Riebeek-Wes-polisiestasie geneem waar die voorval verder ondersoek en die leerders aangespreek is. Die skoolhoofde van beide skole is ook ontbied waar gesprekke tussen die leerders, ouers, polisie en hoofde plaasgevind het. 'n Opvolgvergadering is Sondag (9 Februarie) by die Riebeek-Wes POP-sentrum tussen ouers en gemeenskapslede gehou.

Ouers en polisie was gister (Maandag 10 Februarie) op gereedsheidsvlak geplaas indien enige insidente sou kop uitsteek, maar geen voorvalle van bakleiery of oproerigheid is aangemeld nie.

"Die polisie doen 'n beroep op ouers om betrokke te raak by kinders se doen en late, en seker te maak dat geen leerder met skerp voorwerpe soos messe of stokke skool toe gaan nie," het die polisiewoordvoerder gesê.

Twee van die leerders wat in besit van messe gevind is sal môre (Woensdag 12 Februarie) in die Riebeek-Wes-hof op aanklagte van die besit van gevaarlike wapens verskyn.

Meer oor:  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.