Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boland-gazette
Polisiekantoor gesluit na lid positief toets

Volgens ‘n kennisgewing deur die Hermanus-polisiëringsforum is die Genadendal-polisiekantoor tydelik gesluit en word deur die plaaslike brandweer ontsmet nadat 'n lid van dié polisiekantoor positief vir die koronavirus getoets is. Volgens dié kennisgewing sal die Genadendal-polisiekantoor na verwagting môreaand (Vrydag 22 Mei) weer heropen.

 Die polisiebeampte is nou in selfafsondering asook amptenare wat met die pasiënt in aanraking gekom het. Die departement van gesondheid onderneem dringende kontakopsporing om enige lede van die publiek, wat moontlik met die amptenaar in aanraking gekom het, op te spoor. 

Die Greyton-polisiekantoor dien tans as die basis vir die omgewing terwyl die Genadendal-kantoor tydelik gesluit is. Lede van die publiek word gevra om die volgende nommers te skakel:

- Tussen Donderdag 21 Mei en die oggend van Vrydag 22 Mei: 073 160 0737

- Tussen Vrydagoggend (22 Mei) en Vrydagaand (22 Mei): 084 817 4053

- Daarna is die normale kontaknommers vir die Genadendal-polisie weer in werking.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.