Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Drie dennebome en ’n grot-afspraak

Jou klim begin by drie dennebome, nou in as, met die adrenalien wat behoorlik inskop op hierdie Tafelberg-staproete. Dit neem jou ook na ’n grot, versteek tussen rots en fynbos, skryf Jannie van Rensburg.

Die begin van Three Firs, langs Slangolieravyn op.Foto’s: JANNIE VAN RENSBURG

Die roete heet amptelik Three Firs. Dit kry sy naam van drie denne­bome langs die Pyproete aan die Kampsbaai-kant van Tafelberg, wat die begin van die roete aandui. Die bome het intussen afgebrand, so net om die begin van die roete te kry, is klaar ’n uitdaging!

Om daar te kom, ry jy met Kloofnekweg op tussen Tafelberg en Leeukop, en anderkant af met Kampsbaaiweg. By Fiskaalweg, amper onder, draai jy links op en volg die pad tot waar dit Theresaweg word. Vind parkering naby ’n doodloopstraatjie met ’n valhek, want dís waar jou stap begin.

Volg die sementtweespoorpad opwaarts, en hou regs waar die pad in twee splits.

Jy is nou op die Pyproete. Volg dit verby die ou waterdruk­geboutjie, verby Woodyravyn. Net voor Slang­olie sien jy ’n klipstapeltjie links van jou.

Regs daarvan was die drie dennebome wat intussen tot as gereduseer is. Dít, liewe vriende, is waar jou klim begin.

Slangolie self is gesluit vir stappers, met rotsstortings wat dit on­begaanbaar gemaak het. Die stap (of eerder klouter) met Three Firs langs vat jou teen die linkerwand van Slangolie op, met ’n duiselingwekkende kyk af oor die ravyn.

Dis ’n ver val ondertoe. Hester Viljoen halfpad teen Three Firs op.

Dís waar die adrenalien inskop. ’n Mens voel selde so lewend as wanneer die dood oor jou skouer loer. Die boegoekruid ruik ekstra skerp, jy sien plantjies en goggas waarvan jy andersins nooit sou weet nie – omdat jy in dié stadium plek-plek moet handeviervoet opwaarts kruip.

Weens die steilte is daar nie juis baie plek om te stop en asem te skep nie. Jy moet maar deurdruk boontoe. Jy sal weet jy is bo as jy die kenmerkende “bedelende hond”(Saucy Dog) sien.

Hier bo is ’n duidelik gemerkte voetpaadjie. Regs lei dit jou verby Grootkop in die rigting van Houtbaai. Links neem dit jou terug verby Wood­yravyn en Kasteelspoort.

So min of meer halfpad tussen dié twee klowe moet jy op die uitkyk wees vir nóg ’n onbeduidende klipstapeltjie wat ’n skaars herkenbare paadjie aandui na die Rendezvous-grot. Nugter weet waar die grot sy naam vandaan kry – seker maar klimmers van destyds wat mekaar gereeld daar ontmoet het.

Nie baie mense is bewus van hierdie grot nie, so versteek tussen fynbos en rotse.

Aan die bokant van Kasteelspoort sien jy die oorblyfsels van ’n kabelstasie wat in die laat 1800’s opgerig is vir die bou van die Woodhead-reservoir. Dié kabelspoor het onder meer ’n stoomlokomotief daar opgetrek, wat nou in die bykans vergete museum langs die Woodhead-reservoir staan.

Jurgens Huysamen en Hester Viljoen op die Postern-bergkaap aan die bokant van Kasteelspoort.
Meer oor:  Tafelberg  |  Buite  |  Stapper  |  Doendinge  |  Buitelug  |  Staproete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.