Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Besonderse boeke vir bibliofiele

’n Enkeleienaar se boekversameling met uiters skaars eksemplare gaan vroeg in November deur Hindman Auctions in Chicago opgeveil word.

Dié versameling sluit in verskeie eerste uitgawes van boeke wat deur onder andere Charles Darwin, James Joyce, J.K. Rowling, sir Isaac Newton en sir Ernest Henry Shackleton geskryf is.

Die eerste uitgawe van J.K. Rowling se eerste boek, Harry Potter and the Philosopher’s Stone, is op die veiling te kry.
Die eerste uitgawe van James Joyce, Ierland se bekendste romanskrywer, se beroemdste werk, Ulysses.

Gretchen Hause, hoof van Hindman se boekeafdeling, sê die versameling met 85 lotte bied ’n seldsame geleentheid om invloedryke boeke in die ontwikkeling van die Westerse beskawing te besit.

“Dit is ’n besonderse geleentheid vir alle bibliofiele of die­gene wat waarde heg aan items van kulturele belang.”

Die versameling sluit in boeke met ’n noemenswaardige herkoms, wat handel oor wetenskap, tegnologie, wiskunde, statistiek, literatuur, Americana en die sosiale wetenskappe.

’n Hoogtepunt is ’n eerste uitgawe van Darwin se On the Origin of Species, wat in 1859 in Londen deur John Murray uitgegee is. Dié eksemplaar is vantevore deur die Amerikaanse filantroop Paul Mellon besit. Die boek, waarin Darwin se teorie oor evolusie vervat is, gaan na verwagting vir tussen $120 000 en $180 000 verkoop.

’n Hoogs gesogte artikel op die veiling is Newton se Philosophiae Naturalis Principia Mathematica, ook ’n eerste uitgawe wat van 1687 dateer. Die voorveilingsberaming is tussen $150 000 en $250 000.

Die eerste uitgawe van Charles Darwin se On the Origin of Species, wat in 1859 in Londen deur John Murray uitgegee is, gaan ’n hoogtepunt wees op Hindman Auctions se komende veiling. Foto’s: HINDMAN AUCTIONS

Die uitgawe van Newton se deurslaggewende boek is deur Albert Einstein beskryf as “The greatest intellectual stride that it has ever been granted to any man to make.”

’n Eerste uitgawe van Joyce, Ierland se bekendste romanskrywer, se beroemdste werk, Ulysses, is ook te kry. Die boek, wat van 1922 dateer, maak deel uit van ’n beperkte oplaag van slegs 100 eksemplare wat op handgemaakte Hollandse papier gedruk en deur die skrywer geteken is. Daar word verwag dat dit vir tussen $120 000 en $180 000 gaan verkoop.

’n Eerste uitgawe van Rowling se eerste boek, Harry Potter and the Philosopher’s Stone, maak ook deel uit van die versameling. Dié eksemplaar is in 1997 deur Bloomsbury in Londen gepubliseer en deur die skrywer geteken. Dit kan na raming tot $120 000 haal.

Die veiling word op 5 November in Chicago gehou. Vir meer besonderhede, besoek hindman­auctions.com.

Meer oor:  Chicago  |  Boeke  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.