Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bie op luukse en moderne eiendomme

Phil Minnaar Afslaers gaan op 16, 17 en 18 September drie luukse, moderne eiendomme onder die hamer verkoop.

Dié vierslaapkamerhuis in Pretoriusstraat, Hatfield, wat ook as ’n gastehuis gebruik kan word, word op 17 September deur Phil Minnaar Afslaers opgeveil.

Dié eiendomme bied gulde beleggingsgeleenthede wat nie misgeloop moet word nie.

Eerste aan die beurt is ’n tweeslaapkamereenheid in Sandown wat op 16 September om 11:00 opgeveil gaan word. Dié eenheid is in die Katherine Quay-deeltitelontwikkeling op die hoek van Katherinestraat en Pretorialaan, Sandown. Dit beslaan 107 m² en het benewens die twee slaapkamers, twee badkamers waarvan een aansluitend is, ’n sitkamer, ’n eetkamer, ’n oopplankombuis en twee parkeerplekke. Om ’n afspraak te maak om die eenheid te besigtig, bel vir Pierre Vermeulen by 082 773 0380.

Op 17 September om 11:00 gaan ’n vierslaapkamerhuis in Pretoriusstraat, Hatfield, opgeveil word. Die huis, met ’n enorme oppervlakte van 1 243 m², hou potensiaal in om as ’n gastehuis gebruik te word. Dit het vier badkamers, ’n gastetoilet, ’n sit/eetkamer, ’n kombuis, ’n opwasplek en ’n waskamer. ’n Bonus is dat dit ook ’n woonstel vir ’n enkellopende persoon het. Om die eiendom te besigtig, skakel 074 654 0429.

Op 18 September om 11:00 gaan ’n gesinswoning in die Blue Valley-gholflandgoed in Kosmosdal verkoop word. Die huis beslaan 885 m² en het vyf slaapkamers, vier badkamers, waarvan drie aansluitend is, twee sitkamers, ’n eetkamer, ’n studeerkamer, ’n kombuis met ’n opwasplek, ’n waskamer, ’n rolprentkamer en ’n binnenshuise swembad. Verder is daar ’n buitekamer en ’n dubbelmotorhuis. Om ’n afspraak te maak om die eiendom te besigtig, bel vir Pierre Vermeulen by 082 773 0380.

Besoek www.philminnaarauctioneers.co.za vir meer besonderhede.

Die Katherine Quay-deeltitelontwikkeling op die hoek van Katherinestraat en Pretorialaan in Sandown, waar ’n tweeslaapkamereenheid opgeveil gaan word.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.