Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Bou ’n droomhuis op erf in Simonstad

’n Erf in die gesogte Admirals Kloof in die kusdorp Simonstad in die Wes-Kaap word later in September deur Rawson Auctions Western Cape opgeveil.

Die erf van 600 m² in Wilfred-straat met onbelemmerde uitsigte op die see en die hawe bied ’n eenmalige geleentheid vir ’n koper om ’n droomhuis op te rig. Dit lê teen ’n berghang en sal aan die eienaar ’n groot mate van privaatheid bied.

Dié erf in die gesogte Admirals Kloof in Simonstad word deur Rawson Auctions Western Cape opgeveil.

Simonstad, sowat 35 km vanaf Kaapstad, is een van die oudste dorpe in die land en bekend vir sy maritieme geskiedenis.

Die dorp is ’n trekpleister vir besoekers en huisves die Suid-Afrikaanse vloot. “Simonstad het ’n sjarmante argitektuur met ’n magdom skilderagtige staproetes en walvisse kan tussen Junie en November gesien word” sê Tanya Jovanovski, franchisehouer van Rawson Auctions Western Cape. Sy sê die dorp bied outentieke restaurante, handwerkmarkte en heelwat aktiwiteite vir die hele gesin, ook vir diegene wat meer avontuurlustig is.

Die erf van 600 m² bied ’n onbelemmerde uitsig op die see en die hawe.

Die erf word op 25 September om 12:00 by die Rawson Property Group se hoofkantoor in Rondebosch opgeveil. Die reserweprys is R1,5 miljoen, maar alle aanbiedings sal in oënskou geneem word.

Belangstellende partye kan aanbiedings by dié kantoor indien. Om ’n afspraak te maak om die eiendom te besigtig, kontak Ilda Santiago by 084 762 7195.

Op dieselfde dag word ’n gulde beleggingsgeleentheid vir enige eiendomsportefeulje onder die hamer gebring. Dit behels ’n kommersiële gebou in Hoofweg in Dieprivier wat ten volle verhuur is.

Die eiendom word tans gebruik vir kleinhandel- en kantoorruimte en daar is tien parkeerplekke.

Die eiendom bied maklike toegang tot die M3- en M5-hoofweg. Dit beslaan 595 m² en het drie huurders met ’n totale maandelikse huurinkomste van R59 134.

Vir meer inligting of om ’n afspraak te maak om die eiendom te besigtig, bel Robert Scrooby by 072 605 7675.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.