Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Covid-19: Hou jou huis só skoon

Die Covid-19-pandemie is deel van ons nuwe realiteit. Te midde van die infeksiesyfer wat styg en openbare gesondheidstelsels wat oorweldig word, het die meeste lande met drastiese maat­reëls vorendag gekom om hul inwoners te beskerm.

Volgens Emma Corder, besturende direkteur van die industriële skoonmaakmiddel-maatskappy Industroclean, moet Suid-Afrikaners duidelike en geloofwaardige inligting kry oor hoe om hulself en hul geliefdes te beskerm. “Teen dié tyd weet ons al dat ons ons hande gereeld met seep en water moet was, vir minstens 20 sekondes. Dit bly verreweg die doeltreffendste manier om die virus onder bedwang te hou,” sê Corder.

Die virus kan ook ure – en selfs dae – lank op enige alledaagse oppervlak oorleef, en daarom is dit belangrik om hierdie oppervlakke gereeld en behoorlik skoon te maak.

Volgens Corder is die meeste huishoudelike skoonmaakmiddels heeltemal goed genoeg.

“Die CDC-gesondheidsowerheid in Amerika (Centers for Disease Control and Prevention) beveel aan dat oppervlakke waaraan ’n mens gereeld vat – soos tafels, ligskakelaars en deure – elke dag met gewone seep en water skoongemaak word. Hierdie roetine moet reeds in elke huishouding in plek gestel wees.

“Sodra hierdie oppervlakke skoongemaak en gewas is, moet hulle dan ontsmet word. Dit is belangrik om die instruksies vir enige skoonmaakprodukte deeglik te lees, want sommige produkte vereis dat die oppervlakke vir ’n tyd daarna nat moet bly en dat daar ook genoeg vars lug as ventilasie dien.”

Huishoudelike bleikmiddels wat met water verdun is, kan ook op party oppervlakke gebruik word, mits die bleikmiddel natuurlik nie reeds al sy vervaldatum bereik het nie. Dit is belangrik om onder geen omstandighede bleikmiddels met ammoniak of enige ander skoonmaakmiddels te meng nie.

Corder sê daar mag ’n versoeking wees om sterk ontsmettingsmiddels te gebruik wat van ’n mediese-graad-sterkte is, maar dit is iets wat eerder nie aangemoedig moet word nie.

Dit sal goeie en slegte kieme vernietig, en kan jou immuniteit moontlik negatief raak en jou in die toekoms vatbaarder maak vir ander kieme. – Eiendomme-redaksie

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.