Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Druiweplaas in Koekenaap te kry

’n Prentjiemooi druiweplaas in Koekenaap aan die Weskus, wat uit drie porsies van die Olifantsrivier-nedersetting bestaan, word volgende week deur Rawson Auctions Western Cape opgeveil.

Die druiweplaas genaamd Sonnekus in Koekenaap aan die Weskus, wat volgende week deur Rawson Auctions Western Cape opgeveil word.

Die plaas genaamd Sonnekus, het “Farming for the Future”-sertifikasie van Woolworths en lewer druiwe aan Stellar Organics, die grootste organiese kelder in die land.

Die inkomste wat gegenereer word deur die produksie van gesertifiseerde organiese druiwe beloop R70 000 per maand vir die 2019-seisoen omdat ’n betalingsplan geld tussen Stellar Organics en die huidige eienaar van die plaas. Ander inkomstestrome sluit in die verkope van Bearss-lemmetjies en lusern, wat jaarliks R80 000 inbring. Daar is ook twee gaste-kothuise wat teen R4 500 per maand verhuur kan word.

Die plaas het ’n totale grootte van 26,85 ha. Die wingerde is in agt blokke verdeel wat kultivars soos sauvignon blanc, chenin blanc, shiraz, colombar, cabernet sauvignon en ruby cabernet behels. Verdere besonderhede oor die hektaargrootte van elke blok en die jaar wanneer elke wingerd aangeplant is, is by navraag beskikbaar. Die wingerde is ten volle onder drupbesproeiing. Water is geen probleem op die plaas nie.

Verder is daar ook 0,35 ha wat met Bearss-lemmetjiebome beplant is en 2,2 ha met lusern.

Daar is ’n magdom buitegeboue op die plaas, asook vier perdekampe van sowat 0,5 ha elk in grootte en ’n vark- en hoenderhok. Onder die buitegeboue tel ’n kantoor met ’n perdetuigkamer, ’n chemiese stoor, ’n werkswinkel, twee perdestalle en twee skaapkrale, albei met drinkbakke.

Die verblyf op die plaas bestaan uit ’n hoofhuis met twee slaapkamers en twee gastekothuise. Die hoofslaapkamer in die hoofhuis het ’n aansluitende badkamer en daar is verder ’n stortkamer, ’n oopplan-kombuis en -eetkamer met ’n Smeg-gasstoof en -oond, ’n instapspens, ’n TV-kamer en ’n oopplan-onthaalarea met ’n binnenshuise braai en ’n houtstoof.

Buite is ’n groentetuin in ’n gevestigde omheinde tuin met ’n geoutomatiseerde besproeiingstelsel.

“Die plaas met sy wingerde wat tot by die horison strek, is asemrowend en die see is slegs ’n hanetree ver,” sê Tanya Jovanovski, franchisehouer van Rawson Auctions Western Cape.

Die plaas word op 25 September om 12:00 by die Rawson Property Group se hoofkantoor in Rondebosch opgeveil. Die reserweprys is R12,25 miljoen, maar alle aanbiedings sal in aanmerking geneem word.

Vir meer inligting, bel vir Tony Bredenkamp by 083 602 6113.

Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.