Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Eiendomme in syfers

1,4%

Volgens FNB het huispryse in Julie met soveel persent op ’n jaargrondslag gestyg – teenoor die powere groei van Mei en Junie van onderskeidelik 0,6% en 0,7%. Die bank is verras oor hoe gou huispryse herstel het, berig William Horne op Netwerk24. Die staat van inperking was veronderstel om tot enorme dalings in huispryse te lei wat lank met die mark sou wees, maar dit is toe nie die geval nie.

Volgens FNB se jongste verslag oor huispryse in Suid-Afrika se eiendomsmark het aansoeke vir verbande in Julie so noemenswaardig herstel dat dit nou die vlakke van selfs voor die staat van inperking oortref.

1970’s

Die bekende Kaapse viersterhotel NH The Lord Charles in Somerset-Wes is in die vroeë 1970’s gebou, en word nou met meubels en al verhuur. Die internasionale NH-hotelgroep het onlangs besluit om nie sy huurkontrak vir die bedryf van hierdie hotel te hernu nie, berig Ané van Zyl op Netwerk24.

Die Lord Charles-hotel se deure gaan amptelik aan die einde van Augustus sluit en nie meer onder die bestuur van NH wees nie.

NH is ’n filiaal van die internasionale hotelgroep Minor met sy hoofkantoor in Madrid, Spanje.

R100 mjd.

Dít is hoeveel die regering se beloofde infrastruktuurfonds vir die land gaan beloop. Die geld gaan oor tien jaar bestee word om infrastruktuurprojekte landwyd te ondersteun.

Die tesourie, die departement van openbare werke en infrastruktuur en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) het Maandag ’n memorandum van verstandhouding onderteken waarvolgens die DBSA die fonds sal skep en bestuur, berig Elvira Wood op Netwerk24.

Die plan is dat die fonds saam met die private sektor sal help om geld vir projekte te gee.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Junie gesê daar sal ’n groot fokus op infrastruktuur wees om die ekonomie te help herstel ná die Covid-19-pandemie. Hy het toe gesê 55 infrastruktuurprojekte is reeds gereed vir die mark.

Meer oor:  Pryse  |  Syfers  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.