Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Enorme veiling van veteraanmotors

Die eienaar van ’n plaas op Stellenbosch het oor sy leeftyd honderde voertuie, motoronderdele en ander memorabilia versamel, wat baie min mense al ooit hul oë op kon lê.

’n Chevrolet van 1948 is op die reuse veiling beskikbaar..

Ná sy dood het dit meer as vier maande geneem om al die items bymekaar te maak en te kategoriseer sodat dit opgeveil kan word.

In November sal sowat 70 klassieke motors, talle vragmotors en sowat 100 000 stukke onderdele uit die versameling by ’n reuse-veiling op die plaas verkoop word.

Die veiling word in ’n gesamentlike onderneming tussen Bidway Auction House en High Street Auctions behartig.

’n 1928-Buick-afslaankapmotor is onder die motors wat opgeveil word, asook ’n 1946- Peugeot 202 wat sover vasgestel kan word die enigste een in die land is.

Ook ’n 1954-Austin Healy 100-reeks-afslaankapmotor en verskeie Volkswagen Beetles word opgeveil.

Die onderdele sluit in enjinblokke, chroom-sierroosters, oorspronklike spoedmeters en hooflig-gloeilampe wat meer as 50 jaar oud is – steeds in die oorspronklike verpakking.

Sedans, kompakte motors en vragmotors word opgeveil.

Die veiling begin op Saterdag 9 November om 10:30 in ’n doelgeboude veilingsarena op ’n landgoed in Stellenbosch minder as 5 km van die Polkadraai-arbeiplaas.

’n Ford Roadster van 1936.

Die presiese ligging van die plaas word om veiligheidsredes steeds geheim gehou, maar sal nader aan die tyd bekend gemaak word.

Dit het vier maande en duisende ure geneem om meer as 100 000 onderdele te sorteer en katalogiseer, sê Stef Olivier, Suid-Afrika se 2018-kampioen-afslaer en besturende direkteur van Bidway Auction House.

“Die versameling word in drie skure gehuisves en die onderdele is in kategorieë gesorteer.”

Die 1954-Austin Healy 100-reeks is op Bidway Auction House en High Street Auctions se veiling op 9 November te kry.

Volgens Olivier is dit die “opwindendste oorspronklike private versameling automobilia wat nóg onder die hamer gaan kom in Suid-Afrika”.

“Ons weet dat die veiling bieërs van regoor die land en ook internasionale entoesiaste gaan lok, want sommige van die onderdele wat ons ontdek het, bestaan eenvoudig nie meer op die ope mark nie,” sê hy.

Joff van Reenen, direkteur van High Street Auctions, sê die veiling sal regstreeks op sosiale media, YouTube, die webwerf van High Street Auctions en op die High Street-app uitgesaai word.

Kopers kan van 6 tot 8 November tussen 6:00 en 16:00 na die items gaan kyk.

Van die linker- en regterhandstuurvoertuie wat opgeveil word sluit in ’n 1954-Austin Healy 100-reeks-afslaankap, ’n 1946 Peugeot 202, ’n 1928-Buick met ’n afslaankap en ’n 1971-Ford Mustang.

Onder die onderdele tel sowat 30 enjins van die 1930’s tot die 1950’s, insluitend Dodge-, Studebaker-, Hudson-, MG-, Plymouth-, Packard- en Ford-enjins.

Dan is daar ook sowat 15 ratkaste van die 30’s tot die 60’s van Fiat, Chevrolet, Ford en Studebaker.

Vir meer besonderhede oor die motors en die duisende onderdele wat onder die hamer gaan kom, besoek highstreetauctions.com of Bidway.co.za.

Van Reenen en Olivier kan by onderskeidelik 082 802 1366 of 082 823 2615 gebel word.

Die 1971-Ford Mustang is nie te versmaai nie.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Veteraanmotors  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.