Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Erfgenaam se wiele opgeveil

’n Skaars 1912-Delaunay Belleville IA6 Park Phaeton gaan in Oktober op ’n veiling in Engeland verkoop word.

Die skaars 1912-Delaunay Belleville IA6 Park Phaeton gaan in Oktober op ’n veiling in Engeland verkoop word. Dit gaan na verwagting tussen £90 000 en £120 000 haal. Foto: H&H Classics

Dié motor, wat toe die Franse mededinger vir Rolls-Royce was, is nuut aangeskaf deur die eksentrieke erfgenaam Evalyn Walsh McLean (1886 tot 1947).

Sy was die laaste private burger wat die gevierde Hope-diamant van 45 karaat besit het. Die knewel is in 1911 vir $180 000 by Pierre Cartier gekoop en vandag tot £350 miljoen werd.

Die huidige eienaar het die motor vir 40 jaar besit.

Damian Jones van H&H Classics, sê die motor het ’n wonderlike patina en is ’n hoogs bruikbare Eduardiaanse motor. Daar word verwag dat dit vir tussen £90 000 en £120 000 gaan verkoop.

Meer oor:  H&H Classics  |  Engeland  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.