Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Gerief én veiligheid
’n Kunstenaarsvoorstelling van die ingang van die nuwe residensiële ontwikkeling in Brackenfell, Cape Gate Crescent.

Die noordelike voorstede in Kaapstad word eersdaags nóg ’n nuwe residensiële ontwikkeling ryker – dié keer in die vorm van die Cape Gate Crescent-kompleks.

Die projek in Brackenfell word deur die ontwikkelingsmaatskappy Rabie ontwikkel en Big Ben Construction gaan die bouwerk behartig. “Dit is ’n langtermynprojek omdat ons reeds ’n paar jaar gelede ’n gesamentlike onderneming met Nedbank aangegaan en die erf aangeskaf het,” verduidelik Miguel Rodrigues, direkteur van Rabie, luidens ’n verklaring.

“Ons het nou met die siviele werk begin, waarna die konstruksie in Julie sal begin. Die eerste fase van die ontwikkeling sal teen middel volgende jaar gereed wees, terwyl die hele projek teen 2022 voltooi sal wees,” sê Rodrigues.

Die hele Cape Gate Crescent-ontwikkeling is reeds aan Invitation Homes verkoop om deel uit te maak van hul huureiendom-portefeulje.

Wat kan jy verwag?

Die residensiële komponent van Cape Gate Crescent gaan uit altesaam 182 woonstelle en agt skakelhuise bestaan.

Huurders sal uit ’n verskeidenheid studio-, een-, twee- en drieslaapkamerwoonstelle kan kies. Die kompleks word heeltyds beveilig en kry ook geriewe soos ’n gemeenskaplike swembad en braaiplek, sowel as oop groenruimtes waar die inwoners die buitelug kan geniet.

Van die moderne afwerkings wat huurders te wagte kan wees, sluit toegang tot veselkabelinternet en DStv in. Daarbenewens kry die meeste van die woonplekke ook ingeboude braaiplekke.

Die kompleks se hoofingang is in Belamiweg, met ’n sekondêre ingang in Ridgeweg. Dit is ook naby aan verskeie geriewe soos die Cape Gate-winkelsentrum, Cape Gate Lifestyle Centre, Cape Gate Makro, sowel as Mediclinic Cape Gate.

Benewens die residensiële komponent, is daar ook ’n kommersiële geleentheid vir ’n sakeonderneming wat wil huur of koop. Die sakeperseel wat Rabie gaan ontwikkel, beslaan 1 900m².

“Rabie het oor die jare al baie soortgelyke residensiële skemas met sukses ontwikkel. Die hoeksteen van ons ontwikkelingsfilosofie is om gehalte tuistes te skep wat in slim ontwerpte woonkomplekse geleë is, wat goed in stand gehou word. Ons mik altyd vir meer as net ‘baksteen en pleister’. ’n Ideale woonomgewing is ’n gerieflike, veilige plek waar jy kan droom, groei en floreer,” aldus Rodrigues.

Jou kontak: Vir meer oor die sakeperseel, bel Jason Elley by 082 339 2722 of Sedica Knight by 082 342 6544.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.