Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Het jy gehoor?

R20,3 miljoen

Volgens High Street Auctions het ’n Kaapse koper verlede jaar soveel vir ’n erf opgedok in die gesogte kusbuurt Clifton. Daar is byna geen oop erwe meer in Clifton nie en kopers is bereid om hoë pryse te betaal. High Street Auctions hou op 9 Junie ’n virtuele veiling waartydens twee eksklusiewe eiendomme in dié kusbuurt opgeveil gaan word. Die veiling begin om 12:00.

R350 miljard

Suid-Afrika wil hê ontwikkelingsbanke, handelsbanke en pensioenfondse moet in sy infrastruktuurfonds van nagenoeg soveel rand belê. Dit sal op “netwerknywerhede” soos spoorweë en hawens, energie, breëbandkonnektiwiteit, water, sanitasie en menslike nedersettings fokus, het Netwerk24 Donderdag berig.

R2 000

Dit is nagenoeg hoeveel geld ’n gesin wat ’n huis van R1 miljoen en ’n motor van R200 000 finansier, in Junie gaan spaar in vergeleke met Januarie – te danke aan die opeenvolgende dalings in die rentekoers vanjaar.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.