Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Het jy gehoor? Kaapstad klim op ranglys vir wêreldstede

Kaapstad het sy posisie met 20 plekke op die Schroders Global Cities Index verbeter en is nou nr. 438 op die 2020-ranglys.

Kaapstad se punte vir innovasie het beduidend vanaf 4,3 tot 5,3 gestyg, en die stad het ’n stewige telling van 7 vir sy omgewingsevaluering gekry.

Volgens Schroders kan die effek daarvan ook die ontwikkeling van oop ruimtes en groener geboue in stede aanmoedig.

Die indeks help beleggers om ’n blik te kry op die beste stede vir eiendomsgeleenthede oor die wêreld heen. Die indeks werk op vier maatstawwe, naamlik die ekonomie, omgewing, innovasie en vervoer.

Die rangorde lig stede uit wat ’n goeie kombinasie van die vier het. Vervoer is vanjaar vir die eerste keer as maatstaf bygevoeg en fokus veral op stelsels wat massas reisigers en goedere kan vervoer.

Die vervoertelling ontleed data van vyf metodes van vervoer, naamlik op see, pad, trein, bus en in die lug. Kaapstad se telling vir vervoer is 5,4.

Die stad se vervoertelling is gedryf deur die toeganklikheid en gehalte van sy hawe- en lughawegeriewe. Die spoorwegnetwerk het die stad hier in die steek gelaat. Dit, saam met ’n lae gemiddelde besteebare inkomste van die stad se bevolking, het die punte laat daal.

Volgens Schroders is ’n werkende en doeltreffende spoorvervoerstelsel aan die heup van ’n stad se ekonomie geheg.

Inwoners moet kan reis om by hul werkplekke uit te kom. In Kaapstad se geval belemmer die spoorvervoerstelsel goedkoop vervoer van mense en goedere.

Kaapstad se ondoeltreffende spoorwegnetwerk en die onvolhoubare koste daarvan het ook tot gevolg gehad dat die meeste inwoners eerder in hul motors as met die trein pendel.

Kaapstad se internasionale lughawe, tans die tweede besigste in Afrika, het die stad se puntetelling ’n hupstoot gegee.

Die ligging van die stad se hawe het ook bygedra tot beter punte omdat dit op een van die besigste handelsroetes ter wêreld is. Dit het ook die tweede grootste houerhawe in Afrika. Die nuwe vervoertelling gebruik eie navorsing om stede se verskillende vervoermiddels te ontleed. – Liana Mocke

Meer oor:  Kaapstad  |  Eiendomme  |  Ranglys  |  Wêreldstede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.