Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
High Street gee pas aan met virtuele ateljee
Joff van Reenen, direkteur en hoof-afslaer by High Street Auctions, bring die hamer neer op die eerste veiling in die maatskappy se nuwe virtuele ateljee vir eiendoms­veilings. Foto: VERSKAF

’n Nuwe virtuele ateljee spesifiek vir die aanbied van regstreekse aanlyn eiendomsveilings is vroeër die week deur High Street Auc­tions in Suid-Afrika bekend gestel – ’n eerste van sy soort op eie bodem en glo ook in die res van die wêreld, sê dié veilingshuis.

Die moderne ateljee is soortgelyk aan dié wat dikwels deur groot televisienetwerke vir nuus- of sportuitsendings gebruik word, lui ’n verklaring. Daar word van ’n verskeidenheid sagteware in die ateljee gebruik gemaak om kliënte toe te laat om regstreeks te bie, onder meer ’n mobiele app en Zoom. Dié professionele ateljee sal nou voortaan gebruik word om die maatskappy se virtuele regstreekse verkope aan te bied.

Die eerste veiling met behulp van dié ateljee vroeër die week is goed ondersteun, met meer as 50 bieërs vanuit Noord-Amerika, die Verenigde Koninkryk, Suid-Amerika en Afrika wat daarvoor geregistreer het.

Volgens Joff van Reenen, direkteur en hoof-afslaer by High Street Auctions, het die Covid-19-pandemie die werkinge in die veilingsbedryf binne enkele maande ernstig ontwrig en is die sakewêreld nou in onbekende waters vanweë die nuwe sosio-ekonomiese omgewing wat oornag deur die pandemie geskep is.

“Veilings kan nooit weer dieselfde wees nie – en dit is veral waar vir groot items soos eiendom,” sê hy in die verklaring.

Volgens hom forseer Covid-19 alle tradisionele, sowel as nie-tradisionele kopers aanlyn en die bedryf kan nie nou terugdraai nie. Dit is egter nie genoeg vir maatskappye wat wil oorleef om slegs digitaal te gaan in hierdie “nuwe normale” tye nie.

“As jy nie op ’n reuse-skaal innoveer soos wat High Street Auc­tions oor die laaste jaar gedoen het deur ’n reeks tegnologiese ‘eerstes’ in Afrika – wat nou gekulmineer het in die globale debuut van ’n toegewyde virtuele ateljee vir regstreekse eiendomsveilings – nie, gaan jy jou markaandeel verloor.”

High Street Auctions het voor die Covid-19-pandemie in ’n nuwe app belê wat belangstellendes toelaat om die lotte te besigtig, ’n driedimensionele toer van eiendomme te neem, regstreeks aan veilings deel te neem én vooraf te bie. Hierdie app kan gratis op iOS- en Android-selfone afgelaai word.

Die publiek kan die regstreekse veilings kyk, maar slegs geregistreerde bieërs wat aan die vereistes voldoen, kan deelneem en bie.

Die volgende veilings sal op 9 Julie om 12:00 regstreeks gestroom kan word.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.