Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Houtplase in Mpumalanga te kry

Belangstellende kopers kan aanbiedings indien op vyf houtplase met goeie verbeteringe in Mpumalanga, wat beskikbaar is op Van’s Auctioneers se likwidasieverkoping.

Die dam op een van die houtplase tussen Belfast en Dullstroom.

Die eerste twee plaasdele lê naby Warburton. Die een plaas beslaan sowat 713 ha en is hoofsaaklik ’n houtplaas. Die verbeteringe sluit in ’n vierslaapkamerhuis met ’n woonstel en vier motorhuise.

Die tweede plaas beslaan 174 ha.

Daar is ook drie plaasdele tussen Belfast en Dullstroom.

Die eerste plaas is ’n raps groter as 750 ha en behels houtplantasies, drie huise, twee skure, veegeriewe en ’n dam.

Die tweede plaas is ideaal vir weiding, maar het ook ’n plantasie. Dit beslaan 230 ha en het ’n huis, skure, ’n motorhuis en ’n dam. Die plaas is met ’n wildheining van 2,4 m hoog omhein.

Die derde plaas het droë lande, natuurlike weiding en beeskampe. Dit is effens groter as 170 ha en het ’n huis, ’n motorhuis, personeelverblyf en ’n woonstel. Verder is daar ’n sementdam, boorgate en Eskom-krag.

Die oorgrote meerderheid van die bome op die plase is geoes en die plantasies moet weer aangeplant word.

Belangstellende kopers kan Van’s Auctioneers by 086 111 8267 bel vir ’n inligtingspakket en vir inligting oor die proses om aanbiedings in te dien. Vir meer besonderhede, besoek vansauctions.co. za of die afslaer se Facebook-blad.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Plase  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.