Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Is jy seker jy is reg verseker?

Daar was lanklaas so ’n goeie tyd om ’n huis te koop.

As jy in staat is om so ’n belegging te maak, is dit belangrik om as nuwe huiseienaar nie van versekering te vergeet nie, aldus Paul Stevens, uitvoerende hoof van Just Property.

“Die koste van versekering is iets wat eerstekeerkopers vergeet om by hul berekeninge in te sluit,” sê hy.

“Afgesien van die versekering vir jou verband en die inhoud van jou huis, moet jy ook huiseienaarsversekering hê.

“Dit dek jou in geval van weerlig, brande, storms, hael en waterskade aan permanente dele van jou eiendom – dit wil sê alles wat jy nie saamneem as jy eendag trek nie.”

Stevens deel luidens ’n verklaring die volgende aspekte wat voornemende huiseienaars oor versekering moet weet:

Geisers: Standaard-versekeringspolisse vir huiseienaars dek ’n gebarste geiser en sekere onderhoudskoste, maar is beperk tot die normale prys van ’n geïnstalleerde elektriese geiser. Stel jou versekeraar daarvan in kennis as jy van plan is om van sonkrag gebruik te maak.

Steunmure: Indien jou huis teen ’n helling gebou is, moet jy seker maak dat die steunmure by jou polis ingesluit is en dat dit aan die bouregulasies voldoen.

Nakoming: Versekeraars is verplig om die wetgewing na te kom. As enige bou-, bedrading- of ander regulasies nie nagekom is nie, moet jy maar weet dat die versekering nie ’n uitbetaling aan jou sal maak nie.

Beurtkrag: Ondanks gereelde kragonderbrekings in Suid-Afrika, sluit nie alle versekeringspolisse dekking vir kragopwekking in nie en kan dit, indien wel, beperkte dekking bied.

Wat beteken jou besluite?

Dit is belangrik om seker te maak dat jou nuwe huis behoorlik verseker is, met ander woorde dat die versekerde bedrag voldoende is in geval van ’n groot eis, sê Stevens verder.

As die hele eiendom vernietig of onbewoonbaar gemaak word, sal jy genoeg versekering benodig om die puin te verwyder en die struktuur te herstel.

“Onthou dat die waardasie wat jy van jou bank ontvang slegs dit dek wat jy aan jou verband skuld, en nie die volledige, werklike waarde van jou huis nie – insluitende verbeterings. Die besluit om dit te verhoog is iets wat jy liefs self moet doen.”

Die veiligste manier om te verseker dat jy voldoende dekking het, is om byvoorbeeld ’n bouer te vra om ’n beraming te maak en ’n persentasie vir professionele gelde en slopingskoste by te voeg.

Om onderverseker te wees, kan ontstellende gevolge inhou.

As die bedrag wat jy kies om te verseker nie voldoende is om die eiendom van die grond af te herbou nie, sal die versekering die gemiddelde klousules toepas.

Beskerm jouself

"Dit is dikwels ’n goeie idee om ’n onafhanklike versekeringsmakelaar te gebruik wat jou belange op die hart dra,” sê Stevens.

“ ’n Makelaar word wetlik verplig om seker te maak dat jy behoorlik ingelig is oor alle vereistes vir behoorlike dekking, en om jou deur die proses te lei.”

Onthou, daar is volgens die wet verpligte polisse wat maklik verstaanbaar moet wees en in gewone Engels geskryf moet word, voeg Stevens by.

“Gaan die beleidsformulering noukeurig deur. Wees bewus van enige uitsluitings en vra uit oor alles wat jy nie verstaan nie.”

Dek jou verband

Indien jy ’n verband uitneem, kan jy jou bank versoek om lewensversekering daarop uit te neem.

Dit sal verseker dat jou gesin nie die las dra om jou verband af te betaal of die eiendom moet verkoop om dit te dek as jy die dag sou sterf nie.

As jy reeds lewensversekering in plek het om byvoorbeeld die opvoeding en uitgawes van jou kinders te dek, dink eers baie goed daaroor voordat jy besluit dat jy nie verdere dekking nodig het indien jy ’n huis koop nie.

As jy sou sterf sonder dat jy jou versekering verhoog het, sal die lewensdekking gebruik word om jou verband af te betaal teen die koste waarvoor jy dit aanvanklik gekoop het. Bitter min bly dan vir jou geliefdes oor.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.