Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Internasionale markte
‘Kaapstad bied puik waarde’

Die vooruitsigte is dat huispryse in van die voorste stede ter wêreld vanjaar teen gemiddeld 1,8% kan groei.

’n Lugfoto van Kaapstad. Dié stad op eie bodem is onlangs uitgelig as ’n woongebied waar residensiële eiendom steeds uitsonderlike waarde bied vergeleke met ander prima wêreldstede.

Dit is ’n fraksie beter as verlede jaar se gemiddeld van 0,1%, blyk uit die jongste Savills World Cities Prime Residential Index.

Dié indeks meet huisprysgroei in 27 wêreldstede en Kaapstad is nommer 11 op die ranglys.

Dr. Andrew Golding, uitvoerende hoof van die eiendomsgroep Pam Golding Properties – ’n assosiaat van Savills – sê hoewel die groei ’n effense verbetering is teenoor verlede jaar, is dit ligjare verwyderd van die hoogtepunt van 9,3% in Junie 2013.

Die drie stede wat vanjaar die voortou gaan neem met die beste huisprysgroei is Lissabon in Portugal, Sydney in Australië en die Russiese stad Moskou met ’n verwagte groei van tussen 6% en 7,9%.

Die vertoning is danksy ’n laerentekoers-omgewing en ’n sterker vraag.

Golding sê Lissabon gaan gebuk onder ’n tekort aan voorraad, terwyl daar ’n sterk vraag in die stad is. Hy sê daar is steeds beduidende investering van buitelanders, maar teen ’n stadiger pas as in vroeëre jare. Die groei in die huismark in Moskou gaan gedryf word deur ’n herstel in die ekonomie en ’n huisleningsmark wat goed ontwikkel.

Wie is volgende?

Kaapstad word in dieselfde asem genoem as Berlyn, Singapoer, Londen en Shanghai met ’n verwagte groei van tussen 2% en 3,9%.

Ná die drie voorlopers volg Parys, Amsterdam en die Chinese stede Guang- zhou en Hangzhou met verwagte groei van tussen 4% en 5,9%.

Parys en Amsterdam het weer na vore getree as twee van die aantreklikste stede vir eiendomsbeleggings.

Kaapstad word in dieselfde asem genoem as Berlyn, Singapoer, Londen en Sjanghai met ’n verwagte groei van tussen 2% en 3,9%.

Vergeleke met internasionale stede bied die Moederstad egter uitsonderlike waarde vir geld, sê Golding. Residen­siële eiendom in die stad verkoop teen 3 000/m² (ongeveer R16 000).

In van die ander voorste wêreldstede in die indeks dok huiskopers byvoorbeeld in Londen 18 500/m² op en dié in New York tot 24 300/m².

New York se huisprysvertoning is die laaste tyd geknou deur ’n ooraanbod van residensiële eiendom en daar word verwag dat pryse vanjaar met 1,9% kan daal. Dit kan egter ’n koopgeleentheid inhou.

Dít eis tol

In Hongkong, waar prima residensiële eiendom teen ’n astronomiese 44 700/m² verhandel, is die protesoptrede besig om ’n tol te eis.

Daar word verwag dat die pryse van luukse eiendom in die stad vanjaar met 1,5% kan daal. “Onsekerheid het die globale eiendomsektor in 2019 geraak en die prima residensiële sektor was geen uitsondering nie,” sê Sophie Chick, hoof van Savills se wêreldnavorsing. Sy sê onsekerheid is een van vele faktore wat prima residensiële markte beïnvloed en veral plaaslike faktore is die beduidendste aandrywer van eiendomswaardes.

Meer oor:  1  |  Huispryse  |  Wêreld  |  Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.