Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Klassieke juwele met min kilometers op veiling te kry

’n Klassieke Ferrari 328 GTS van 1989 wat tot op hede slegs 450 km afgelê het, maak deel uit van H&H Classics se komende veiling op 16 Oktober by die Duxford-oorlogsmuseum in Engeland.

Die klassieke Ferrari 328 GTS van 1989 wat tot op hede slegs 450 km afgelê het, maak deel uit van H&H Classics se komende veiling op 16 Oktober by die Duxford-oorlogsmuseum in Engeland.

Dit is waarskynlik die 328 GTS ter wêreld wat die minste kilometers op sy kerfstok het, meen die Britse veilingshuis.

Die blits is een van drie klassieke motors op die veiling wat een eienaar gehad het en min kilometers afgelê het.

Dié Ferrari is ’n motor met ’n Europese spesifikasie en dit was bykans sy hele bestaan in droë berging. Dit het onlangs ’n nokasband-diens deur ’n handelsmerkkenner ondergaan en gaan na verwagting vir tussen £120 000 en £150 000 verkoop.

’n Geliefde poeierblou Triumph TR4 van 1962, wat ook net een eienaar gehad het, is ook te kry. Dié motor met die troetelnaam Moo is deur ’n musikant gekoop om sy saxofoon mee te vervoer.

Dit is in 2012 gerestoureer en kom met sy oorspronklike logboek. Dit is ook onlangs meganies nagegaan.

Die eienaar het vantevore ’n Triumph TR3 besit en het oorweeg om dit met ’n Austin-Healy 3000 te vervang, totdat hy die nuwe TR4 by die Londonse Motorskou gesien het.

Toe hy agterkom dat sy saxofoon nie in die kattebak van die Austin-Healy pas nie, het hy die Triumph onder gunstige bepalings by die plaaslike motorhandelaar gekoop, terwyl hy met sy dogter uitgegaan het. Die motor was sedert 1990 in berging, waar dit vir 20 jaar gebly het.

Die geliefde poeierblou Triumph TR4 van 1962, wat net een eienaar gehad het, is ook op die veiling te kry. Dit is deur ’n musikant gekoop om sy saxofoon mee te vervoer.
Die 1959-Ford Zephyr MKll met ’n afslaankap kan vir tussen £10 000 en £15 000 op die veiling gekoop word.Foto’s: H&H Classics

Volgens H&H Classics is die ’n skaars koopgeleentheid vir ’n versamelaar om ’n opregte klassieke motor met ’n bekende geskiedenis te bekom. Die verwagte verkoopprys van die motor is tussen £16 000 en £20 000.

Nog ’n juweel wat slegs een eienaar gehad het, is ’n 1959-Ford Zephyr MKll met ’n afslaankap. Dit is nuut aangekoop teen £829 en gaan waarskynlik vir tussen £10 000 en £15 000 verkoop.

Die motor is een van slegs 5 139 modelle wat vervaardig is.

Meer oor:  Veteraanmotors  |  Motors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.