Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Klassieke koninklike motor te kry

’n Klassieke juweel wat deur sir Bernard Docker, voorsitter van Daimler en BSA, besit is en deur die oorlede Britse koninginmoeder gebruik is, gaan op 3 Julie deur H&H Classics op ’n aanlyn veiling verkoop word.

Die Daimler DE27 Hooper van 1947 wat in ’n stadium deur die oorlede koninginmoeder gebruik is, word op 3 Julie aanlyn deur H&H Classics opgeveil. Foto: H&H CLASSICS

Die nuwe eienaar koop gevolglik ’n motor met ’n fassinerende herkoms, wat deel uitmaak van die Britse koninklike en motorgeskiedenis.

Die Daimler DE27 Hooper, wat volledig blyk te wees, sal gerestoureer moet word.

Dit gaan na verwagting vir tussen £8 000 en £10 000 verkoop.

Die motor is in 1947 deur Hoopers vervaardig en aan Docker oorhandig.

Hy het dit in Frankryk gebruik en met sy terugkeer na Engeland is dit aan Ross­leigh van Edin­burgh oorhandig, wat die koninklike bevelskrif gehou het.

Dit is in 1950 deur die koninginmoeder op ’n besoek aan Edinburgh saam met haar dogter prinses Elizabeth, vandag koningin Elizabeth II, gebruik.

Dit is ook vir talle ander staatsgeleenthede ingespan en het die registrasienommer SF1 gehad, wat nie saam met die motor verkoop word nie.

Op dieselfde veiling gaan die oorspronklikste 1990-Ford RS 1600 Turbo wat bestaan, van die hand gesit word.

Dié motor, wat slegs een eienaar gehad het sedert dit nuut gekoop is, het ’n voorveilingsberaming van tussen £28 000 en £32 000.

Dié motor is op 9 Augustus 1990 geregistreer en het 69 000 km afgelê.

Dit kom met die totale diens-geskiedenis van dag een af.

Dit is binne en buite oorspronklik en is nog nooit gerestoureer nie.

Meer oor:  H&H Classics  |  Brittanje  |  Koninklike Familie  |  Veteraanmotors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.