Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: Bekostigbare blyplek in Rivergate

Wat: Pioneer Valley, ’n bekostigbare behuisingsontwikkeling in die nuut gevestigde Rivergate-gebied – ’n nuwe buurt in die omgewing van woonbuurte soos Table View, Bloubergstrand en Sunningdale. 

ontwikkeling
’n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe behuisings­ontwikkeling Pioneer Valley in die Rivergate­gebied.

Wie? Die ontwikkelingsmaatskappy Imvula Estates ontwikkel die projek in samewerking met The Milnerton Estates. 

Wat behels die ontwikkeling? Pioneer Valley is ’n bekostigbare residensiële ontwikkeling wat in fases ontwikkel gaan word. Die eerste fase sal uit altesaam 208 eiendomme bestaan wanneer dit klaar gebou is. Kopers kan kies tussen vier verskillende huisontwerpe, wat onderskeidelik enkel- en dubbelverdieping­huise sal insluit. 

Buiten fase 1, word ’n verdere twee fases beplan. Daarbenewens kry hierdie ontwikkeling ook sentrale parke waar kinders kan speel, sowel as gemeenskaplike geriewe vir die inwoners. 

Hoe lyk die afwerkings? Die huise word afgewerk met onder meer aluminiumvensterrame, geteelde vloere, kombuise met ingeboude kaste en ’n stoof- en kookblad, sowel as ingeboude kaste in die slaapkamers. Die ontwikkeling word ook beveilig en die huise kry almal hul eie veiligheidshekke. 

Hoeveel kos dit? Die verkoopspryse van die tweeslaapkamerhuise begin by R559 900. Dit sluit die oordragskoste in. Eerstekopers word die geleentheid gegun om ’n staanplek in die mark te kry met behulp van die behuisingsubsidieprogram Flisp (Finance Linked Individual Subsidy Programme).

Dit is ’n behuisingsubsidie wat deur die regering voorsien word aan kwalifiserende eerstekopers. Die subsidiebedrag wissel tussen R27 960 en R121 626. 

Wanneer begin die bouwerk? Bouwerk aan die huise in fase 1 sal na verwagting aanstaande maand begin. Die siviele infrastruktuur is reeds voltooi. Die ontwikkeling gaan uit altesaam 536 huise bestaan wanneer dit klaar gebou is. 

En die omliggende omgewing? Pio­neer Valley is naby aan die private Curro Academy Sandown, die winkelsentrum West Coast Village, gimnasiums, hospitale en verskeie ander geriewe geleë. Inwoners sal ook maklike toegang tot openbare vervoer in die omgewing hê. Die ontwikkeling is ook naby aan die hoofpaaie in die gebied. 

Meer inligting: Vir nader besonderhede oor beleggingsmoontlikhede in Pioneer Valley, besoek www.pioneervalley.co.za of stuur e-pos na judy@pioneervalley.co.za.

Meer oor:  Kortliks  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.