Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: Belê in eenheid in Bosmans Club
’n Kunstenaarsvoorstelling van Bosmans Club in Stellenbosch.

Wat: Bosmans Club, ’n residensiële ontwikkeling met gemengde gebruik in Bosmans Crossing in Stellenbosch.

Wie? VertiKal Investments and Developments ontwikkel die projek en Pam Golding Properties bemark en verkoop die eiendom.

Wat behels die ontwikkeling? Die Bosmans Club-ontwikkeling gaan uit 46 woonstelle bestaan wanneer dit voltooi is. Die kompleks kry ook as deel van die kommersiële komponent ’n koffiewinkel en ’n wassery. Die grondvloer van die gebou word as ’n kleinhandel- en kommersiële ruimte ingerig.

Volgens die ontwikkelaar is Bosmans Club veral gemik op beleggers, studente of jong werkendes wat in ’n gerieflike, moderne woonstel met goeie afwerkings en toebehore wil woon – dit alles in ’n nuwerwetse woonbuurt wat nou uiters gesog begin word.

Die kompleks self word omring deur restaurante, koffiewinkels en wynkelders.

Hoe lyk die afwerkings? Hout, staal en glas is met bakstene en beton gemeng om in te pas by die sogenaamde “industriële gevoel” van die Bosmans Crossing-woonbuurt.

Van die afwerkings sluit in energiedoeltreffende elemente, opsionele private stoorruimtes vir die inwoners, veilige kelderparkering, sowel as ’n spesiale stoorplek vir fietse – kompleet met wasgeriewe.

Daarbenewens gaan die kompleks heeltyds beveilig word en ook sy eie portierdiens kry.

Hoeveel kos dit? Die verkoopspryse van die woonstelle begin by R1,4 miljoen en sluit belasting in. Die bouwerk het reeds begin.

Meer inligting: Bel Vanessa Johnson van Pam Golding by 082 588 7007 of stuur e-pos na vanessa.johnson@pamgolding.co.za.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.