Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: Nóg woonstelle vir Woodstock

Wat: WEX2, ’n nuwe woonstelontwikkeling in Woodstock in Kaapstad. Die projekwaarde beloop altesaam R53 miljoen.

Wie? Die eiendomsontwikkelaar Signatura ontwikkel die WEX2-woonstelkompleks.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe WEX2-woonstelkompleks in Woodstock in Kaapstad. Dit word deur die ontwikkelaar Signatura gebou.

Wat behels die ontwikkeling? Die WEX2-kompleks volg op die sukses van WEX1 – ’n woonstelontwikkeling van tien verdiepings met gemengde gebruik wat oorkant die Woodstock Exchange in dié woonbuurt geleë is.

WEX2 sal uit altesaam 45 studio- en eenslaapkamerwoonstelle bestaan, wat die grondvloer, sowel as die eerste en tweede verdieping van die gebou, sal beslaan. Die woonstelgroottes wissel tussen 22 m² vir ’n studiowoonstel en 39 m² vir die eenslaapkamerwoonstelle. Laasgenoemde kry ook ’n tuin van 35 m².

WEX2 se inwoners sal almal toegang kry tot die geriewe in WEX1, naamlik: ’n swembad en gimnasium, ’n kroeg, ontspanningsarea, wassery en ’n binnehof met ’n mooi tuin.

Hoe lyk die afwerkings? Die woonstelle mag dalk kompak wees, maar dit is ontwerp om al die noodsaaklikhede te bied om dit doeltreffend en gemaklik te maak.

Elke woonstel kry kombuistoebehore van Smeg, vinielvloere, ’n krag- en watermeter, toegang tot vinnige veselkabel-internet en selfs ’n elektriese fiets. Van die studiowoonstelle sal mooi uitsigte op Tafelberg en Duiwelspiek hê.

Hoeveel kos dit? Die verkoopspryse van die woonstelle wissel tussen R895 000 vir die studiowoonstelle en R1,695 miljoen vir die eenslaap­kamerwoonstelle.

Wanneer begin die bouwerk? Die eerste inwoners sal na verwagting teen die einde van 2020 hul intrek by WEX2 kan neem.

En die omliggende omgewing? Die WEX2-ontwikkeling is sowat 3 km vanaf Kaapstad se sakekern geleë, met maklike toegang tot die Woodstock-treinstasie, MyCiTi-busroetes en fietsroetes in die omgewing. Daarbenewens is dit sowat 20 minute se ry vanaf Tafelberg, die V&A Waterfront en die res van Roggebaai. Daar is ook restaurante, winkels en kantore in die omliggende omgewing.

Meer inligting: Vir nader besonderhede oor beleggingsmoontlikhede in WEX2, kontak Michael McElhone op 064 756 4960 / michael@signatura.biz of Anton McElhone op 083 506 7829 / anton@signatura.biz.

Meer oor:  Woodstock  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.