Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: Nuwe ontwikkeling met woonstelle, hotel in Seepunt

Wat: Station House, ’n nuwe residensiële ontwikkeling met gemengde gebruik in die Kaapse kusbuurt Seepunt. Wie? Dit word ontwikkel deur die Berman Brothers, in vennootskap met D2E Properties. Dogon Group Properties bemark en verkoop die eiendom.

Wat behels die ontwikkeling? Die gebou van 12 verdiepings gaan uiteindelik oor 230 luukse woonstelle bestaan as dit klaar gebou is.

Die woonstelgroottes gaan wissel tussen studio- tot een- en tweeslaapkamerwoonstelle, sowel as mikro-eenhede. Daarbenewens gaan die Station House-ontwikkeling 15 verskillende geriewe huisves, insluitend: ’n boetiekhotel, Pick & Pay-supermark, ’n deli met ’n kroeg en ’n restaurant, sowel as ’n private ontspanningsruimte vir inwoners met braaigeriewe, ’n swembad, ’n troeteldierpark, gimnasium en jogastudio.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die ontwikkeling Station House in Seepunt.

Daar gaan ook ’n sakesentrum binne die gebou ingerig word. Volgens die ontwikkelaar kry Station House ook ’n swembad, restaurant en kroeg waartoe besoekers sal toegang hê.

Die ontwikkeling het uitsigte op die see, Leeukop en die res van die stad.

Wat kos dit? Die verkoopspryse van die woonstelle in Station House begin by R1,595 miljoen. Die verkoopsprys sluit belasting in.

Wanneer begin die bouwerk?

Die bouwerk aan die ontwikkeling het reeds op 6 Maart vanjaar begin. Dit sal na verwagting teen volgende jaar Desember klaar wees.

Meer inligting: Vir meer inligting oor die ontwikkeling en beleggingsgeleenthede, bel die Dogon Group se kantore op 021 433 2580 of besoek die webwerf www.stationhousesea­point.co.za.

Meer oor:  Seepunt  |  Ontwikkeling  |  Hotel  |  Woonstelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.