Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: Rabie bou sy tweede aftreeoord
kunstenaarsvoorstelling

Die eerste sooi is onlangs gespit vir die eiendomsontwikkelaars Rabie se tweede aftreeontwikkeling in Kaapstad.

Die projekwaarde van dié ontwikkeling in Burgundy Estate, Oasis Life Burgundy Estate, beloop R1 miljard en is in November verlede jaar bekendgestel. Die ander aftreeontwikkeling in die Rabie-groep se portefeulje is op die landgoedontwikkeling Clara Anna Fontein in Durbanville – ook onder die handelsmerk Oasis Life.

Dié nuwe beveiligde aftreeontwikkeling in Burgundy Estate beslaan 10 hektaar en sal uit ’n kombinasie van huise en woonstelblokke bestaan, omring deur klein parkies en boomryke voetpaadjies. Dít alles sal weer ’n spoggerige leefstylsentrum van R40 miljoen omring, waarbinne die inwoners die eksklusiewe gebruik van ’n gimnasium met ’n verhitte swembad en ’n restaurant sal geniet, sowel as ’n biblioteek en mediasentrum, primêre gesondheidsuites en ’n veeldoelige onthaalvertrek.

Die eerste fase van die Burgundy Estate-ontwikkeling sluit dié leefstylsentrum, sowel as 24 huise en 33 woonstelle in, lui ’n verklaring. Dié fase sal na verwagting teen middel volgende jaar voltooi wees.

Kopers kan tussen een- en tweeslaapkamerhuise en woonstelle in verskillende groottes kies. Oasis Life Burgundy Estate sal uiteindelik uit 159 huise en 387 woonstelle bestaan wanneer dit klaar gebou is.

“Ons is baie opgewonde om te begin met die konstruksie – wat ons toewyding en vertroue in hierdie unieke aftreeproduk bevestig,” sê Miguel Rodrigues, direkteur van die Rabie-groep, in die verklaring.

  • “Ons het in die laaste vyf jaar ’n aansienlike belegging in Burgundy Estate gemaak en dit het sedertdien ’n multi-generasie-landgoed en gesogte adres geword,” voeg hy by. Jou kontak: Vir meer inligting oor beleggingsmoontlikhede, besoek die webwerf www.oasislife.co.za of bel Allen Usher by 082 451 9988.
Meer oor:  Kaapstad  |  Eiendomme  |  Aftreeoord  |  Ontwikkeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.