Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Kortliks: The Worx toevoeging tot Stellenbosch-huismark

’n Kunstenaarsvoorstelling van The Worx.
Wat:

The Worx, ’n moderne woonstelontwikkeling in die woonbuurt Dennesig in Stellenbosch.

Wie?

Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Abacus ontwikkel die projek en Pam Golding Properties bemark en verkoop die eiendom.

Wat behels die ontwikkeling?

Die The Worx-kompleks gaan uit 50 kontemporêre woonstelle bestaan wanneer dit klaar gebou is. Die woonstelle beloof om ruim te wees en kry almal gehalte-afwerking. Die kompleks gaan heeltyds beveilig word met onder meer kringtelevisiekameras en biometriese toegangsbeheer. Kopers sal in onderskeidelik ateljee-, een-, twee- en drieslaapkamerwoonstelle kan belê.

Hoe lyk die afwerking?

Die woonstelle kry elkeen afwerking wat onder meer Italiaanse klipwerkblaaie en porseleinteëls insluit, sowel as pasgemaakte kaste en kabinette, ruim balkonne en groot vensters om genoeg natuurlike lig in te laat. Daarbenewens gaan die inwoners van The Worx toegang hê tot veselkabelinternet en “slimbeligting”. Die woonstelle kry ook almal lugverkoeling.

Hoeveel kos dit?

Die verkoopspryse van die woonstelle in The Worx begin by R1,45 miljoen. Dit sluit belasting in.

Meer inligting: Vir nader besonderhede oor beleggingsmoontlikhede stuur e-pos na Vanessa Johnson by vanessa.johnson@pamgolding.co.za of bel haar by 082 588 7007.

Meer oor:  Kortliks  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.