Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Lig loop vir huur vooruit betaal – kredietburo

Dit kan dalk uiters ideaal vir ’n verhuurder klink as hul huurder die huurgeld vooruit wil betaal, maar volgens eiendomskenners moet jy liefs lig loop daarvoor.

Die TPN-kredietburo het onlangs in ’n nuusverklaring gewaarsku dat eienaars van huureiendom op hul hoede moet wees wanneer voornemende huurders aanbied om hul huur in kontant vooruit te betaal.

Hoewel vooruitbetaalde huurgeld van tussen ses en 12 maande die eienaar aanvanklik kan beïndruk, kan dié betalings skielik opdroog wanneer die huurder se finansiële situasie verander.

Foto: istock

Vooruitbetaalde huurgeld het meestal ’n positiewe uitwerking op die vertrouensverhouding tussen die verhuurder en die huurder en as gevolg hiervan kan die verhuurder dan besluit om die huurder te vertrou – teen hul beterwete en tot hul eie nadeel.

Hoewel dit natuurlik nie altyd die geval is nie, kan ’n huurder se bereidwilligheid om vooruit te betaal daarop dui dat kontant kom en gaan en nie iets is waarop die huurder kan reken nie. Die uitdagings TPN sê nog ’n probleem met huur wat vooruit betaal word, is dat die huurder en verhuurder nie altyd vooraf ooreenkom oor hoe die water en elektrisiteit betaal moet word nie.

“Hulle het dalk ooreengekom dat die huurder die huurgeld vooruit kan betaal, maar as die water en elektrisiteit nie by hierdie huurbedrag ingereken word nie, moet jy as verhuurder seker maak dat die huurder bewus is daarvan dat hy of sy hierdie rekening maandeliks sal moet betaal. Waarop julle ook ooreenkom, dit moet duidelik in die huurooreenkoms uiteengesit word.

“Verhuurders moet ook daarop let dat die huurder (ongeag of die huurgeld vooruit betaal word of nie) daarop geregtig is om hul huurkontrak ingevolge art. 14 van die Wet op Verbruikersbeskerming te kanselleer deur 20 werkdae kennis te gee. Die huurder is dan aanspreeklik vir ’n kansellasieboete.”

Vooruitbetalings is gunstig wanneer dit gebruik kan word om ’n beter huurprys te beding of weens kommer oor swak kredietwaardigheid

’n Groot probleem kan ontstaan wanneer die boete deur die huurder betaal word en die verhuurder dan die vooruitbetaalde huurgeldbedrag aan die huurder moet terugbetaal – veral as die verhuurder reeds die geld gebruik het. Dieselfde geld wanneer die huurkontrak gekanselleer sou word voordat die huurtydperk verstryk.

TPN beveel aan dat verhuurders wat besluit om vooruitbetaalde huurgeld te aanvaar, gebruik maak van ’n ervare eiendomsagent as ’n tussenganger. Só sê die kenners Adrian Louw, bestuurder van Seeff Century City, sê daar is beslis voordele aan vooruitbetaalde huur verbonde.

Dit bied uitstekende sekuriteit en dit kan ook die huurder boaan die lys van aansoekers plaas. Probleme kan egter ontstaan as die vooruitbetaalde huur slegs vir ’n sekere periode van die huurkontrak geld; byvoorbeeld ses van die 12 maande.

Hy beveel daarom aan dat alle aansoeke om ’n eiendom te huur deeglik oorweeg moet word, ongeag oor hoe die huurder van plan is om die huur te betaal. Wanneer ’n huurder aanbied om die kontrak vooruit te betaal, behoort dit nie te wees om die bepaling van hul kredietwaardigheid te omseil nie.

Huurders wat hul huurgeld vooruit wil betaal, moet ook onderwerp word aan ’n Fica-ondersoek sodat enige geldwassery-risiko’s voorkom kan word. Geldwassery is moontlik wanneer ’n huurder byvoorbeeld die huurgeld ses maande vooruit betaal en dan die kontrak vinnig kanselleer, waarna hulle vra dat die vooruitbetaalde huur in ’n ander bankrekening oorbetaal word. Laaste sêMark Johnson, Seeff se besturende direkteur vir die KwaZulu-Natalse noordkus, sê hoewel hulle altyd versigtig is wanneer huurders hul huur vooruit wil betaal, aanvaar hulle dit wel as die bron van die geld bevestig kan word om te verseker dat dit nie deel van ’n bedrogspul is nie.

“Vooruitbetalings is gunstig wanneer dit gebruik kan word om ’n beter huurprys te beding of weens kommer oor swak kredietwaardigheid,” verduidelik hy. “In die geval van swak kredietwaardigheid doen ons bykomende ondersoeke om te bepaal dat die huurder nie ’n misdaadgeskiedenis het nie.”

Steve van Wyk, besturende direkteur van Seeff in Centurion, sê huurders moet bewus wees daarvan dat vooruitbetaalde huurgeld huurders in die algemeen nie bevoordeel nie – tensy daar ’n probleem is, soos om swak kredietwaardigheid te probeer omseil.

Meer oor:  Kredietburo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Die Burger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.